Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana) is 'n oorheersende grasspesie in die oostelike Nama-Karoo en die westelike Hoëveld. Die reënval in hierdie gebied is 150 - 220 mm per jaar. Die spesie is ook inheems aan Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:322546-2
Dit is sedert ongeveer 1930 'n ingeburgerde spesie in die suidweste van die Verenigde State. Daar is dit 'n indringerplant wat inheemse grasspesies soos Trichachne californica verdring. Dit is ook in droë dele van Brasilië, Argentinië, Venezuela en Indië ingevoer. Dit word vir beweiding as voedsel vir beeste en ander diere gebruik, maar omdat dit 'n uitgebreide wortelstelsel het, ook gebruik vir die beheer van erosie.
Die meerjarige plant word 45-61 cm hoog en die halme is amper regop. Die blare is kort, ongeveer 1,5 mm breed en 5-15 cm lank.
Landbou Die beweidingskapasiteit is taamlik goed
Verwysings
Kategorie:Grasse Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe