Die rivierklowe van Maputa- tot Pondoland is 'n WWF-ekostreek van Suid-Afrika wat veral die riviere van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap omsoom. In die rigting van die kus grens dit aan die ekostreek AT0116, die kusreënwoud van Suid-Afrika se ooskus.
Kenmerkend aan hierdie streek is houtagtige spesies soos Diospyros dichrophylla, Euphorbia triangularis, Rhus dentata en Senecio deltoideus. Van die meer wydverspreide spesies is Putterlickia pyracantha, Rhoicissus tridentata, Grewia occidentalis, Phyllanthus verrucosus en die grasspesie Panicum maximum.
Bewaringsgebiede Krantzkloof-natuurreservaat
Verwysings
Kategorie:Ekostreke van Suid-Afrika