links|duimnael|Ernest Turner Ernest Turner was ’n skrywer wat onder die name Ernest Pienaar en Stoffel Vorster Afrikaanse verhale geskryf het.

Lewe en werk Ernest Turner was in Kaapstad gebore en ontvang sy skoolopleiding aan ’n private skool geskoei op die lees van die Britse Public Schools.Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 bl.433-435 Hier verkry hy berugtheid vir sy sienings, wat insluit dat hy glo dat privaat skole nie bestaansreg het nie en slegs daarop gemik is om die nasionale gees te beskadig, met die leerlinge wat hy van snobisme beskuldig. Afrikaans is in hierdie skool glad nie verpligtend nie en is ’n keusevak in die moderne tale-kategorie. As rebel neem Turner saam met ’n klein minderheid Afrikaans. Nadat hy die skool verlaat het, woon hy vir ’n aantal maande in by ’n Afrikaanse gesin, waar hy die taal gereeld praat en die grondslag lê vir sy kennis van die taal. Hy word ’n joernalis wat eers in die redaksie dien van die Sunday Express en later die Daily Express. Hierdie koerante word verkoop, maar kort voordat dit gebeur word hy ’n vennoot in ’n fotografiese onderneming. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog moet hierdie onderneming noodgedwonge verkoop word en hy werk dan in Witbank as ’n mynwerker op die steenkoolmyne. Hy keer terug na Johannesburg en begin weer werk as joernalis by ’n dagblad. Hier trou hy met die Afrikaanse Veronica Vorster, waarna Afrikaans sy huistaal word.

Skryfwerk Terug in Johannesburg skryf hy ’n aantal kortverhale vir tydskrifte en word dan aangeraai om romans aan te durf.

Onder die skuilnaam Ernest Pienaar skryf hy dan die aksieverhale Wedloop om ’n skat en Die opium-smokkelaars Later volg verskeie ander aksieverhale onder hierdie naam.

Wanneer die Afrikaanse Pers-Boekhandel ’n wedstryd uitskryf vir ’n godsdienstige roman gebaseer op ’n gelykenis, takel hy ’n ernstiger tema aan en skryf dit onder die skuilnaam Stoffel Vorster. Sy roman Uit die moeras verower die tweede plek in hierdie wedstryd. Die hoofkarakter is ’n predikant wat stry teen die euwel van prostitusie tydens die goudstormloop in die Transvaal aan die einde van die negentiende eeu. Hy sukkel ook om sy gemeente te mobiliseer, want sommiges beskou prostitusie as die noodwendige en onstuitbare euwels van die stadslewe, waar hebsug en sedeloosheid seëvier.

Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/np-pienaar,%20ernest/ JaarPublikasiesErnest Pienaar1945Wedloop om ’n skat1946Die opium-smokkelaars1949Vyf en ’n galg1952Graf in die skag1953Een wat ek myne noem1961Haar naam is MarthaStoffel Vorster1946Uit die moerasDie goue swaan1947Kranksinnige se bergvesting1949Die avonture van Isak Mulder

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers