Ela Spence (1909–1997) was ’n Afrikaanse skrywer van liefdesverhale en jeugverhale. Sy verwerf veral bekendheid vir haar liefdesverhale en reeks boeke vir die jeug (onder meer die Tessa- Soekie- en Bokkie-reekse) As skrywer was sy besonder produktief en skryf deur die loop van haar loopbaan meer as 245 boeke.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Elizabeth Engela Stander is op 23 September 1909 op Burgersdorp in die Oos-Kaap gebore as die enigste kind van dominee en mevrou Gideon Stander.Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Eerste uitgawe, 1949.Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Spence, Ela. Skuilnaam Elizabeth Stander – Biografie. Vir baie jare is haar vader kapelaan, eers by die gevangenis op Barberton en later van die Sentrale Gevangenis in Pretoria. Ela gaan na die laerskool op Barberton en matrikuleer dan aan die Hoërskool Ermelo in Mpumalanga.

Loopbaan Hierna studeer sy verder in Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch, met die doel om operasangeres te word. Halfpad deur haar kursus word sy egter baie siek en moet noodgedwonge haar studies laat vaar. Sy is vir ’n ruk verslaggewer by ’n plaaslike koerant op BarbertoSuzette Truter. Sarie, 28 September 1994. en begin in hierdie tyd om bydraes te lewer vir Engelse tydskrifte. Op 30 Junie 1934 trou sy met Reginald Spence en hulle vestig hulle in Pretoria, waar haar man lank onderhoof is aan die Laerskool Pretoria-Oos. Sy is na haar huwelik voltyds huisvrou en skryfster. Twee dogters (Annette en Elna) word uit die huwelik gebore, met Annette wat bekendheid verwerf as skryfster van die reeks Groen heuwels-jeugverhale wat op ’n perdeplaas afspeel.

Oorsese reise Verskeie kere reis Ela na Europa, meestal alleen, waar sy stof inwin vir haar romans. Op uitnodiging van verskeie lugdienste vlieg sy na Europa en Suid-Amerika. In die Duitse dorpie Oberammergau maak sy kennis met Anton PreisinBeeld, 3 Mei 1997. ge, wat in 1950 en 1960 die rol van Christus vertolk het in die beroemde Passiespel wat op hierdie dorpie opgevoer word en sy korrespondeer later met hom. In Engeland leer sy ook Enid Blyton ken en kuier by haar aan huis in Beaconsfield in Engeland Shane Cloete in Keur, 12 Oktober 1979. Benewens die talle verhale wat sy vir tydskrifte lewer, behartig sy ook ’n rubriek met persoonlike advies vir twee tydskrifte. Na ’n ligte beroerte-aanval in 1981 hou sy op met skryf omdat sy nou sukkel om te tik. Na haar man se aftrede gaan bly hulle in ’n woonstel in Sunnyside in Pretoria.Ebs Joubert. Die Transvaler, 14 November 1979.

Latere jare en sterfte Haar man is in 1984 oorlede, waarna sy in die Sonnheim-tehuis vir bejaardes in Pretoria bly. Sy verhuis in 1992 na Stellenbosch, waar sy by haar dogter, Elna Reitmann, inwoon. Sy is op 2 Mei 1997 in Stellenbosch aan hartversaking oorlede.Anoniem. Spence sterf 16 jaar ná haar laaste liefdesboek. Beeld, 3 Mei 1997.

Skryfwerk Sy begin in 1946 skryf. Aanvanklik lewer sy bydraes vir Engelse tydskrifte, maar begin na haar huwelik kinderverhale in Afrikaans skryf.

Jeug reekse

Soekie-reeks Dit sluit in die baie gewilde Soekie-reeks wat verskeie kere herdruk word. Die hoofkarakter wie se wedervaringe vertel word, is Soekie Rossouw, ’n pastoriekind in haar laat laerskool- en vroeë hoërskooljare. Bennie en Bertus is haar onmoontlike tweeling broertjies en sy het ook ’n ouboet en ousus.

In Soekie en Kaptein is Kaptein haar kolliehond, vir wie sy baie lief is en saam met wie sy baie snaakse dinge aanvang. Sy is ook lief vir tannie Coetzee en wanneer die ou tannie hulp dringend nodig het, gaan sy ver uit haar pad om te help.

Soekie en die Tweeling vertel van Soekie en haar tweeling broertjies se plaasvakansie in die Laeveld, waar hulle spannende avonture beleef.

Tessa-reeks As Elizabeth Stander (haar nooiensnaam) skryf sy die Tessa-reeks, waar die dertienjarige Tessa se moeder oorlede is en sy die enigste kind is van ’n welgestelde vader. Sy begin in hierdie omstandighede met hoërskool en die aanpassing is nie altyd maklik nie, maar dan het sy darem altyd haar goeie vriendin Loné de Vaal.

Tessa en die tienerbende vertel van die tweede kwartaal van Tessa se eerste jaar op hoërskool. Tessa het die blink plan om ’n tienerbende te stig, met die doel om hulp en vriendskap te gee aan jong kinders in die hospitaal wat ver van die huis is en wie se ouers hulle nie gereeld kan besoek nie.

In Tessa weer tuis het Tessa aan die einde van haar eerste jaar op hoërskool gekom en uitgesien na die heerlike lang vakansie. Die persoon met die stroperige stem wat alewig met haar pa oor die telefoon wou gesels en die opdringerige vrou met haar rooi hare wat vir Tessa geen goeie woord het nie, versuur egter die vakansie.

Bokkie reeks In die Bokkie-reeks verskyn net twee titels. Bokkie is die bynaam van Bokkie de Waal, ’n lewenslustige kosganger wat probeer om ’n dame te word en in tipiese kosskool insidente betrokke is.

Skryfwerk vir jonger kinders Japsnoetjie is ’n verhaal vir kleiner kinders, terwyl sy ook verskeie bydraes skryf vir reekse soos die Excelsior, Sonstraal, Kleingoed, Kleuterpret, Sonskyn (verhale uit die wêreldletterkunde oorvertel vir kinders in Afrikaans), Doenige diertjies, Vrolike dae en Môreson boekies wat op die mark vir klein kinders gerig is.

Ander skryfwerk vir kinders So verwerk sy verskeie wêreldwye gunstelinge in Afrikaans, insluitende Aspoestertjie, Rooikappie, Sneeuwitjie, Die gelaarsde kat en Tyl Uilspieël, terwyl daar ook etlike nuutskeppinge van haar is, soos Boffie en Moffie, Kammie se keeloperasie (oor die operasie wat ’n kameelperd moes kry vir sy seer keel), Die diere se piekniek, Kietsie die Katjie, Ollie Nollie Olifant en Toortannie se toorwinkeltjie.

Sy skryf die operettes Vrolike feesdae, Die ontevrede bruidjie en Die dogter van Don Domingo, waarvoor Hansie Gouws die musiek skryf. By die kabouters en By Kabouter Pim is boekies met kinderversies, met Jan Kromhout wat van haar versies opneem in Keur vir ons kinders, terwyl D.J. Opperman daarvan opneem in Nuwe Kleuterverseboek.

Skryfwerk vir volwassenes Vir volwassenes skryf sy aanvanklik kortverhale vir tydskrifte en is ’n gereelde medewerker aan Die Huisgenoot, Sarie, die destydse Brandwag, Die Taalgenoot, Die Landbouweekblad, Die Voorligter, Die Transvaler en die Dagbreek, waarin van haar kortverhale, kinderverhale, vervolgverhale, artikels en reisverhale verskyn. Later skakel sy oor na romans en word veral bekend vir haar ligte liefdesromans, wat sy hoofsaaklik vir verskillende boekklubs skryf.

Liefdesverhale Haar eerste boek is Bevryding (1946) waarin die aanpassing by die gewone lewe nadat tronkstraf uitgedien is, uitgebeeld word.

Die uitdraaipad (1950) is die verhaal van Lulu Marais en Ernst. Hy verklaar sy ewigdurende liefde vir haar een Oujaarsaand, maar hulle is kort daarna betrokke in ’n ongeluk waarvoor Ernst verantwoordelik was en wat Lulu blind laat. Die vraag is of sy liefde in hierdie omstandighede werklik sterk genoeg gaan wees.

In Goudgeel kappertjies (1950) kry die vroulike hoofkarakter polio, waarna die man wat sy liefhet met haar suster trou. As die herfs kom (1951) is ’n vervolg hierop, waar die held en heldin wel aan die einde bymekaar uitkom.

Die blinde orrelis (1953) speel af op die dorpie Mellersdorp. Die begaafde orrelis Roland Joubert is eers verlief op Rosalette, maar hulle dryf uitmekaar. Dan word hy blind in ’n ongeluk en keer terug na Mellersdorp, waar hy weer ’n integrale deel van die dorp se mense se wel en wee word. Daar is die prokureur Petrus Retief, ds. Bensen, Koeksie wat Roland Joubert sommer op hulle eerste ontmoeting om die nek val, Nols Retief wat die gaafste man op aarde is as hy sober is, die uitgeworpe Christa Meyer en Rykie Siebrits wat so gereeld kerk toe kom om na die orrelspel te kom luister.

In Goue sleutels (1959) is Zanti (die stil en stemmige een) en Karen (die vurige en impulsiewe een) tweelingsusters. Hulle moeder is vroeg dood en hulle vader, Dawid, gee aan elkeen op hulle 21ste verjaarsdagpartytjie ’n goue sleutel om die deur na geluk te kan oopsluit. Op hierdie partytjie ontmoet hulle albei vir Ferdi Bouwer, die jong dokter. Sy keuse val uiteindelik op Zanti, wat Karen se hart breek en haar ontvlugting in drank en verkeerde vriende laat soek. Karen weet dat sy haar goue sleutel verloor het.

In Uur van betowering (1959) is Cecile Cloete die erfgenaam van die spogplaas Cloeteshoek, waar sy vele ure van betowering deurgebring het. Sy ontmoet die argitek van Kaapstad, Wilhelm Bruyns, maar hy het ’n grief teen die mense van Cloeteshoek. Cecile se rusteloosheid dryf haar na Kaapstad, dan na die Drakensberge en eindelik na Switserland, waar sy die geheim tot die volmaakte uur van betowering vind.

In Silwerbrokaat (1961) kyk die 70-jarige Margaretha Verschuur op haar verjaarsdag terug na haar armoedige verlede, terwyl sy nou in weelde wag vir haar kinders om haar verjaarsdag te vier. Haar kinders het elkeen hulle eie planne vir die toekoms en hulle eie probleme in die hede, wat sorg vir ’n spannende verjaarsdagaand.

Onbekende lied (1962) is die verhaal van nege Suid-Afrikaners se vakansie in Switserland. Hier in die skoonheid van die berge word elkeen op sy eie manier deur die omgewing en mense aangeraak.

In Klank van die kastanjette (1963) trek Madeleina en haar groep sigeuners uit Spanje na Suid-Afrika. Hulle kampeer naby Nelspruit toe dit tyd word dat Juanita, Madeleina se oogappel en enigste kind, se eersteling gebore word. Madeleina stap dorp toe om vir Juanita vars melk te gaan koop en stap om ’n onverklaarbare rede by ’n vreemde woning langs die hoofweg in, waar sy verneem dat daar die nag ’n dogtertjie in die huis gebore is. Terug by die kamp word daar voorbereidings getref vir die geboorte van die nuweling. Madeleina staan Juanita alleen by en is die enigste wat weet dat Juanita se dogtertjie doodgebore word. Oombliklik weet Madeleina wat haar te doen staan. “

Drie mans en Maria (1966) is die verhaal van die weeshuisdogter Maria. Haar vriendin Brenda se vriendskap moet die plek van haar familie inneem. Maria wil ver lande besoek en gaan werk by ’n reisburo terwyl sy geld spaar om haar doel te bereik. Xander Larsen word tydelike bestuurder van die reisburo en nooi Maria saam met hom wanneer hy terugkeer na Nederland. Die verhouding misluk en Maria gaan na Durban vir ’n vakansie om te vergeet. Hier ontmoet sy vir Dewald Coulyn en hy vra haar om te trou.

In Wanneer die liefde kom (1966) word die broers Victor en Peet op die dorpie Dennehoek groot, waar die buurdogter Lulu vir hulle soos ’n suster in die huis is. Wanneer hulle groot word, is albei verlief op Lulu en sy moet kies tussen Victor, die gevoelsmens, en Peet, die aantreklike maar oppervlakkige een.

Ek sal onthou (1967) is die verhaal van ’n vader en sy seun en die vroue in hul lewens. Gideon Holme is teologiese student wat in sy finale jaar dikwels vir Beppie uitneem, wat klaarblyklik sy sielsgenoot is. Hy trou egter nie met haar nie, maar met die beeldskone maar oppervlakkige Ellen. Deon is sy seun, wat sy vader se geloof geërf het. Teen sy sin raak hy verlief op Celia, die meisie wat hom in vele opsigte aan sy moeder herinner. Wanneer die verhouding skipbreuk ly, reis hy oorsee en woon die Passiespel in Oberammergau by.

Sirene in die nag (1967) vertel van die mense verbonde aan ’n groot plattelandse hospitaal, elkeen met sy eie probleme en drome.

In Die silwer bron (1968) bly Ernst de Flamingh en sy gesin op sy droomplaas in die Laeveld. Hy verhuur die vier rondawels op die plaas aan uitgesoekte gaste, wat hierheen kom om genesing vir hulle gees te vind.

Die bruide van Koningsvallei (1969) was eerstens Leila, Thelma was die tweede bruid en daar sou ook ’n derde wees, maar eers nadat die mense van Koningsvallei deur lyding gelouter en gesterk is.