Pieter Smit is ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk Pieter Smit is in 1946 op Rustenburg gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad, vertoef ’n ruk in Stellenbosch en verhuis dan na die Transvaal. Hier is hy ’n tyd lank verbonde aan die Vaktaalburo en word daarna taaladviseur in Pretoria. Daarna bemark hy tegnologiese produkte. Hy trou met die bekende digter Rosa Smit en hulle woon vir ’n ruk langs die Hartbeespoortdam aan die voet van die Magaliesberg. Hulle het twee seuns, maar is later geskei.
Skryfwerk Hy skryf sy eerste gedig reeds in standerd drie, oor ’n fluitspeler wat ’n voël ontdek wat mooier sing as wat hy kan speel. Later publiseer hy gedigte in tydskrifte soos Standpunte en Donga en debuteer dan met die digbundelBrink, André P. “Rapport” 10 Julie 1977 “Visum vir die vreemde”. Die eerste afdelingCloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 18 no. 2, Junie 1978 (“Visum vir die vreemde”) bevat wetenskapgedigte met volop ruimtelike verwysings en wetenskapsjargon, met die doel om die ontmensliking en meganisering van die mens te belig.Scholtz, Merwe “Beeld” 13 Junie 1977 Die tweede afdeling (“Paspoort”) bevat hoofsaaklik belydenisverse en liefdesverse, wat in hulle eenvoudiger beelding en vorm sterker kommunikeer. Hier maak hy in teenstelling met die eerste afdeling met sy paspoort die deure na ’n meer bekende wêreld oop.
“Witskrif”Hambidge, Joan “Beeld” 18 Januarie 1988 bevat verse oor Afrika, die politiek, wetenskap en die liefde. Dwarsdeur die bundel word besondere klem op die woord “wit” gelê en dit word in al sy variasies gebruik om politiese implikasies, gestroop, bleek tot suiwer maagdelikheid, dood, rein en klinies voor te stel en te impliseer, terwyl hy ook die teenstellings van wit ontgin. Die bekoring van hierdie verse lê in die eenvoud daarvan, wat dit vir die gewone leser toeganklik maak. Sy verse word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Voorspraak” en “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”.
Hy spandeer ook baie tyd in navorsing vir ’n drama oor die Franse Hugenote aan die Kaap, maar dit word nie opgevoer nie. Hierin veg ’n Hugenoot vir die waarheid aan die Kaap, maar sterf ’n grusame dood.
Publikasies JaarPublikasies1977Visum vir die vreemde1987Witskrif
Bronnelys
Boeke Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
Tydskrifte en koerante Gibson, Erika “Pieter se ‘Witskrif’ ryk aan besinning deur vers en formule” “Die Transvaler” 25 Augustus 1987
Resensies
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1946