Die blinkblaarrotskruiper (Microgramma lycopodioides) (Tardieu) is 'n varingspesie wat 'n groot voorkomsgebied het. Dit kom in tropiese Amerika, op die eilande Bioko, Sao Tomé, Principe en Annobón, die tropiese dele van Wes- en Oos-Afrika en in die Suider-Afrika voor. In Suid-Afrika word dit in KwaZulu-Natal en Mpumalanga aangetref.

Die plant kan epilieties of epifieties wees en groei op klippe wat gedeeltelik in die skaduwee lê. Dit besit 'n effens afgeplatte wortelstok tot 5 mm in deursnee wat sydelings vertak en oor die klippe kruip. Die blare is tot 200 mm lank en hul stingel ongeveer 38 mm lank en 1 mm in deursnee.

Verwysings

Kategorie:Varings lycopodioides