Die gousblom (Arctotis hirsuta) is een van die blomplante wat in Afrikaans gousblom genoem word. Dit word ook grysblaargousblom genoem. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die provinsie Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is die spesie as veilig (LC) gelys.

Dit is 'n eenjarige plant wat tot 450 mm hoogte kan bereik. Dit is enigsins vlesig en het 'n vertakte stam. Die blare is 'n bietjie harig, wat die naam hirsuta verklaar. Hulle word to 200 mm lank. Die blomme is oranje, geel of roomkleurig en die blomhofies word ongeveer 40 mm in deursnee.

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

hirsuta Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika