Holy Fashion Group (eie skryfwyse: HOLY FASHION GROUP) is die groepnaam wat die Switserse mode-onderondeming Strellson AG vir homself gekies het (alhoewel dit amptelik as Strellson AG geregistreer is). Die onderneming, wat sy hoofkwartier in Kreuzlingen in die kanton Thurgau het, ontwerp mode vir dames en here wat onder die etikette strellson, Joop! en windsor bemark word. Die groep bedryf naas winkels in verskillende lande ook sy eie aanlynwinkel.
Verwysings
Kategorie:Switserse maatskappye