Gazania rigens (L.) Gaertn. is een van die blomplante wat dikwels met die Afrikaanse naam gousblom aangedui word. Ander name is botterblom en strandbotterblomDie spesie kom in Eswatini, Mosambiek en Suid-Afrika voor. In laasgenoemde word die plant in al die provinsies behalwe die Vrystaat gevind.

Dit is 'n meerjarige plant wat 15-30 cm hoog word met blare wat 4-12 cm lank en 0,5 – 4 cm breed kan wees. Dit kry groot madeliefieblomme van 7 to 12 cm in deursnee wat op 'n lang stingel groei. Die blomblare is dikwels helder orange, soms bronskleurig of geel. Die saadjies is ongeveer 4 mm lank en bedek met lang hare. Die plant is 'n gunsteling in tuine oor die hele wêreld en word in talle kultivars verkoop. In Australië het dit verwilder en is dit 'n indringerplant in Queensland, Nieu-Suid-Wallis en Suid- en Wes-Australië.

Op die SANBI-rooilys is drie variëte as veilig gelys: Wetenskaplike naamEndemieVoorkoms in Suid-AfrikaGazania rigens (L.) Gaertn. var. leucolaena (DC.) Roessler endemiesOos-Kaap, Wes-KaapGazania rigens (L.) Gaertn. var. rigensendemiesGazania rigens (L.) Gaertn. var. uniflora (L.f.) Roesslernie-endemiesOos-Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu-Natal Galery

Verwysings

Kategorie:Gazania Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika