Die bruinerige beeskloutjie (Lithops lesliei (N.E.Br.) N.E.Br.) is 'n dwergplantjie uit die vygiefamilie. Dit is een van die "lewende steentjies" van die Lithops genus.
Die spesie kan baie hoë temperature verdra. Eller en Nipkow meld dat plantjies wat dae lank aan 56 ⁰C blootgestel is, dit sonder skade oorleef het.Life Strategies of Succulents in Deserts: With Special Reference to the Namib Desert, , CUP Archive, 1992, , , bls. 134
Subspesies Die SANBI-rooilys bevat twee subspesies:
Lithops lesliei (N.E.Br.) N.E.Br. subsp. lesliei, wat voorkom in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en in suidoos-Botswana. Lithops lesliei (N.E.Br.) N.E.Br. subsp. burchellii D.T.Cole, wat endemies is aan die Noord-Kaap naby Kimberley.
Altwee word as (NT) (amper bedreig) gelys, omrede hulle veral deur sangomas versamel word, en hul habitat deur behuisingsontwikkeling verdwyn.
Galery
Landbou Die beweidingskapasiteit is gering:
Bronnelys Goosen, Helena: Deur kloutjies betower. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 34, nr. 6, Julie 1989. ISSN 0491-4783
Verwysings
lesliei Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika