duimnael|Keiserin Kunigunde in Bamberg Kunigunde ( Kunigunda) is 'n ou Duitse vroulike voornaam.

Oorsprong en betekenis Die naam is 'n ou Germaanse naam, wat op twee woorde gebaseer is: kunni ("stam", "Familie") en gund ("veg", "geveg"). In die middeleeue was Kunigunde 'n gewilde voornaam, veral onder aristokratiese vroue.

Naamdag 3 Maart – Katolieke gedenkdag vir die heilige Keiserin Kunigunde 16 Junie – Katolieke gedenkdag vir die heilige Kunigunde van Rapperswil

Bekende naamdraers Kunigunde von Rapperswil, Katolieke heilige van die 4de eeu; volgens 'n legende 'n metgesel van Sint Ursula van Keulen. Kunigunde (kleindogter van Lodewyk die Stotteraar), vrou van Wigerich en Richwin von Verdun. Kunigunde von Luxemburg (980-1033), wie se kleindogter, die vrou van Keiser Heinrich II was. Kunigunde von Altdorf (* 1020; † 1054), stammoeder van die jonger Welfe (Welfe-d'Este). Kunigunde von Weimar-Orlamünde (~1055–~1117), dogter van Otto I. von Meissen, die vrou van die Prins Jaropolk, hertog Kuno von Northeim en die hertog Wiprecht von Groitzsch. Kunigunde van Swabe (1200-1248), Koningin van Boheme. Kunigunde von Halitsch (1246-1285), Koningin van Boheme. Kunigunde von Eisenberg, genoem Kunne, († 1290), vanaf 1274 die vrou van Albrecht II (Meissen) en, as sodanig, markgravin von Meissen, en Landgravin van Thüringen. Kunigunde van Oostenryk (1465-1520), Hertogin van Beiere. Kunigunde von Brandenburg-Kulmbach (1524-1558), markgravin van Baden. Maria Kunigunde van Sakse (1749-1826), Abdis.

Variante Frans: Cunégonde Italiaans: Cunegonda Nederlands: Cunigonde Pools: Kinga Sweeds: Kunigunda Spaans: Cunegunda Tsjeggies: Kunhuta Hongaars: Kinga

Sien ook Kunigunde (Asteroïde) Kunigunde (Distrik van Liebenburg) Kunibert

Eksterne skakels Kaspar Braun: Eduard und Kunigunde in: Fliegende Blätter, Band 1, Heft 5, S. 38 (1845).

Kategorie:Vroulike voorname