I.D. Lamprecht (1933–2017) was 'n Afrikaanse skrywer van jeug- en spanningsverhale. Hy het ook onder die skuilname Jan Lategan en Koot Kampher geskryf.
Lewe en werk Izak David Lamprecht is gedurende die Groot Droogte op 18 Augustus 1933 as die derde van ses kinders op Philippolis in die Vrystaat gebore.Lamprecht, I.D. Biografiese skets. Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein In 1951 matrikuleer hy aan die Hoërskool M.T. Steyn op sy geboortedorp.
Na skool gaan werk hy by die groot Afrikaanse handelsbank Volkskas Beperk en word onder andere rekenmeester by die bank se takke op Aliwal-Noord, Excelsior, Oos-Londen, Mafeking, Kuruman, Bellville en Springs voordat hy na hul hoofkantoor in Pretoria verplaas word.
Na verskeie groot operasies waartydens sy hele maag verwyder is, gaan hy met vervroegde aftrede en vestig hom op Mosselbaai. Later verhuis hy na Christiana (Noordwes) waar hy baie jare woon, voordat hy in 2011 na 'n aftreeoord in Pretoria verhuis.
Hy is teen die einde van 1955 getroud met Louise J. Smith, oorspronklik van Aliwal-Noord, en die egpaar het 'n dogter, Juanita Louise, en 'n seun, Heinrich Siegfriedt. Hulle het ook 'n kleindogter, (Juanita) en 'n agterkleinseun (Damian).
Lamprecht is op 9 Augustus 2017 in Pretoria oorlede.
Skryfwerk Sy eerste ernstige poging tot skryfwerk is op skool met die beskrywing van 'n ware gebeurtenis. Hy en sy broer moes as jong seuns op 'n onweersnag sukkel om 'n koei met haar pasgebore kalfie by die huis te kry. Hierdie opstel word aan die klas voorgelees, maar smalend afgemaak as handelende oor “koeitjies en kalfies”. Na sy vrou 'n ernstige hartkwaal ontwikkel en hulle buite-aktiwiteite as gevolg daarvan tot 'n einde kom, wend hy sy aandag aan skryfwerk om die tyd te verwyl. Hy begin met spanningsverhale, waarvan die eerste een in 1972 gepubliseer is, maar skryf later ook liefdesverhale en selfs jeugverhale. Verskeie vervolgverhale en kortverhale word in tydskrifte gepubliseer.
Jeugverhale Sy jeugverhale sluit in Ghoen keer terug, Die koperperd, Die blinde horlosie en Oom Johnny.
In Oom Johnny moet Barney van der Spuy gou geld in die hande kry. Nie sy nuuskierigheid oor die vreemde gedoentes by die spookhuis langsaan, of muisneste, of die gedurige veglustigheid van Spiere en sy makkers durf sy planne in die wiele durf ry nie. Oom Johnny hou die sleutel tot ’n oplossing.
Sending Kosmos is ’n ruimtefantasieverhaal wat ook op die jeugmark gerig is.
Spanningsverhale Hy is egter veral bekend vir sy aksieverhale, veral die Dokter Skip Wessels en Hugo Storm boekreekse.
Hugo Storm-reeks Hugo Storm is ’n private speurder. In Die vierkantige driehoek (1973) moet Hugo ’n misdaadbende binnesypel en dan die hele bende van kant maak – teen betaling natuurlik. Dis natuurlik nie so maklik om dit te doen nie en nadat hulle bewus word van sy motiewe is hy sy lewe nie meer seker nie. Daar’s ’n gat in die grond (1986) sê die ou tannie vir Hugo. Sy bedoel prospekteergate, maar hy besef gou dat iemand hom in ’n ander gat in die grond wil hê, want daar is verskeie onverklaarbare aanslae op sy lewe. Dit het iets te doen met die groot gat wat Bill Raymond op tant Em se plaas grawe, maar dit is al wat hy weet. In Kat aan die stert probeer Hugo uitvind watter verband die skatryk magnaat Jan du Preez, wat betrokke is by sake van staatbelang, met die berugte Smoothy Johnson en John Edwell het. In Die Judaskus vra twee mooi nooiens vir Hugo om ’n saak te ondersoek. Een wil hê hy moet haar broer se onskuld aan dwelmhandel bewys, die ander versoek hom om haar broer se skuld te bewys. Albei die meisies het boonop dieselfde naam en Hugo is smoorverlief op albei. Hugo aanvaar die uitdaging wat die saak bied en bevind hom byna onmiddellik in die pekel. Hy word deur vreemde mans as slaansak gebruik, die polisie wantrou hom en albei meisies gee voor dat hulle op hom verlief is. Een van hulle se soen is egter ’n Judaskus.
Klub 707-reeks Sy boeke Ook terwyl ek lag, Die kleiskyf, Die derde kant van die sirkel, Vlug van die feniks, Die bangoed van Agan, Die Judaskus, Operasie skaakmat, Dank jou die duiwel en Blindemol is almal deel van die Klub 707-reeks.
Liefdesverhale In die geur van narsings en Sing weer jou lied vir my (1984) is liefdesverhale. In Sing weer jou lied vir my sterf Vienna Krogh se ouers in ’n ongeluk en sy erf skatryk, maar hoor die ontnugterende nuus dat sy ’n aangenome kind was. Sy besluit om na haar eie ma te gaan soek en versoek vir Karel Schoeman om haar te help. Karel het haar lief, maar sy behandel hom soos ’n ouer broer. Deur Karel ontmoet sy die losbol Mike Byleveldt, wat besluit om haar te verower. Om dit te doen, moet hy hom soos ’n heer gedra en sy ouers, met al hulle geraamtes in die kas, in bedwang hou. Die verlore ma word opgespoor en dit lei na ’n spannende einde.
Skuilname Hy skryf ook onder die skuilname Jan Lategan en Koot Kampher. Die swart engel en ’n Knak in die kring is boeke in die Skip Wessels reeks wat hy onder die skuilnaam Jan Lategan skryf. Die rus is elders verskyn ook onder die naam Jan Lategan. Hierin verlaat die ambisieuse Anna Bornman die dorpie Stofdraai om in Johannesburg haar fortuin as model te gaan soek, maar sy loop sommer dadelik in die moeilikheid in. Sy kry losies in ’n jeugherberg, maar vind gou uit dat dit meer van ’n bordeel is. Wanneer die polisie ’n klopjag uitvoer, probeer sy wegsluip, maar die polisie sien haar. Die onbekende George Bosman verklaar egter aan die polisie dat hulle met mekaar uitgaan en hy neem haar na tant Bets se huis vir herberg, help haar om werk te kry as model, tree op as haar bestuurder en sorg dat sy ’n baie goeie salaris kry. Dan vind sy uit dat iemand sonder haar medewete naakfoto’s van haar geneem het en sy word afgepers.
Publikasies Werke uit sy pen sluit in:Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Lamprecht,_Izak_DavidWorldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n96-92599/Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/i_d_lamprecht_boeklys.html Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2001017984/Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ALamprecht%2C+I.+D.&qt=hot_author PublikasiesJaarISBNI.D. LamprechtVal van die muntstuk19720628002343Derde kant van die sirkel (Hugo Storm-reeks)19730628002793Die skaal in my hand19730628004494Vierkantige driehoek (Hugo Storm-reeks)19730628003935Kleiskyf (Hugo Storm-reeks)19740628005695Waar die meetsnoer val19740628004745Huurling19750869690418Nabod se wingerd19750869690531Plaasvervangers (Hugo Storm-reeks)1975Die blinde horlosie19760798602694Ver blink die reënboog19760799302260Vlug van die feniks (Dr. Skip Wessels-reeks)1976Wat my toebedeel is19760869690644Duiwelsboom19770628011830Pion op die blokkiesbord (Dr Skip Wessels-reeks)19770628011350Voor die winter kom1977086969068XBrug oor die kloof19780868080055Liefde se skyn19780869690787Merk van die vlamlelie (Dr Skip Wessels-reeks)1978Steekbaard1978Volg die somerson1978Aasvoëls van die betonwoud19790909067643Operasie vyfster (Hugo Storm-reeks)19790868080152Pad enduit19790909067880Speurders van waterval19790798604441Sterrebakens19790909067422Bangoed van Agan (Dr Skip Wessels-reeks)19800628017324Dom speurder19800868142018Kat aan die stert19800798110325Nardusfles19800868140430Ruwestrand19800868142174Seeman van die Albatros19800868142433Sending Kosmos1980Silwer van die maan19800868141291Sondebok19800868030306Tonnelrowers19800868140473Vosperd van die Kalahari19800868141410Môre sonder wolke1981086969121XOor vyftien rondtes198106282195XSpeurders van waterval19810798607858Spookhuis van Stormberg19810868142824Swiep van die Kalahari1981086814374XTyd van die volmaan19810868144312Verminker (Dr Skip Wessels-reeks)19810628020678Anderkant die verste ster19820628023103Baron vir Stella19820868145858Dank jou die duiwel (Dr Skip Wessels-reeks)19820628022867In die geur van narsings19820869691392Spervalk19820628023235Ek is ’n kat en my naam is Meneer1983Glans van die silwer maan1983Luistervink1983062900174Meneer die kat en die bure se brak1983Meneer die kat lag die laaste1983Somersfontein19830629001766Wedloop19830798610077Glans van die silwermaan19840869691643Heksepot19840628027257Judaskeuse19840628027354Judaskus (Hugo Storm-reeks)19840628028539Ook terwyl ek lag19840628024487Pluk vir jou 'n blom19840868148679Sing weer jou lied vir my19840628026420Steekbaard19840798615087Vuurvoël1984Ghoen keer terug1985Gyselaars1985Operasie skaakmat19850628029772Daar’s ’n gat in die grond (Hugo Storm-reeks)1986Oom Johnny1986Rooi oog van Satan19860628031147Blindemol19870628032080Geheim van die neusberg19870628031785Megawatt-eksperiment1987Uitoorlê19880628033044Ghoen keer terug19890868160644Glybaan (Hugo Storm-reeks)19890628033966Henk verdien sy vlerke19890628033907Oom Johnny19890798629185Rampie se ark1989Sleurstroom1989Sonder 'n spoor (Hugo Storm-reeks)19910628034628Koperperd19930798633794Baron vir Stella (Grootdruk)19940868145547Huurling (Grootdruk)19950868127248Knak in die kring (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks)19960868128171Nabot se wingerd (Grootdruk)19960868128244Pion op die blokkiesbord (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks)19960868129364Pluk vir jou 'n blom (Grootdruk)19960868128198Verminker (Grootdruk) (Dr Skip Wessels-reeks)19960868129372Voor die winter kom (Grootdruk)19960868128236Operasie Vyfster (Grootdruk) (Hugo Storm-reeks)19971868920542Sing weer jou lied vir my (Grootdruk)19971868920240'n Hand vol note20091920036946Skip aan die kaai20099781920376130Slang in die gras20091920036962Koot KampherSkaal in my hand19730628004494Lategan, JanSwaai van die boemerang1973Rus is elders19740628005830Swart Engel, Die (Dr Skip Wessels-reeks)1974062800656Knak in die kring (Dr Skip Wessels-reeks)19750628007582Swart Baron, Die19760869690639Drie plus drie1979868080144Plaasvervangers (Hugo Storm-reeks)19960868129615
Bronnelys
Tydskrifte en koerante Anoniem. Van rekenmeester tot trefferboek-skrywer. Die Transvaler, 9 Februarie 1984
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2017