Mac-Mac is 'n historiese gebied in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika, en die plek van die land se vroegste goudstormloop. Dit is geleë naby die dorp van Sabie, 5 km van Pelgrimsrus.
Terwyl 'n aantal klein goudneerslae ontdek is in die noordelike dele van Suid-Afrika tussen 1840 en 1870, was Mac-Mac die eerste plek waar lonende hoeveelhede goud gevind is. In 1873 is goud ontdek op die plaas Geelhoutboom. President Burgers het dit amptelik geproklameer as die gebied New Caledonian Gold Fields, maar dit het later bekend gestaan as Mac-Mac weens die bydrae van die Skotse delwers by die kamp. Binne een jaar het 1,500 delwers meer as 4 000 kleims afgesteek.
Sien ook Mac-Macrivier Mac-Macwaterval
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga