Shanie Joubert (skrywersnaam) is ’n Afrikaanse skrywer. As Shani Grové praktiseer sy as voorligtingsielkundige en skryf talle vakkundige boeke.

Lewe en werk Johanna Maria Magdalena Grové is in 1942 in Pretoria gebore. Sy word groot op George, waar sy in 1959 aan die Hoërskool Outeniqua matrikuleer. Daarna werk sy vir twee jaar as ’n bankklerk voordat sy verder studeer aan die Universiteit van Pretoria en ’n B.A.-graad en ’n Universiteits Onderwysdiploma behaal. Deur buitemuurse studie bekwaam sy haar verder in die sielkunde en behaal ’n M.A.-graad. In haar loopbaan werk sy vir verskeie organisasies, maar tree ook op as konsultant en bedryf ’n private praktyk. Benewens individuele en groepsberading bied sy ook werkswinkels aan in onder andere studiemetodes, lewensvaardighede en stresbestuur en lewer talle toesprake as motiveringspreker. Onderwerpe wat sy behandel sluit in angstigheid,  selfmotivering en die verskil in die breinfunksie van mans en vroue en hoe dit verhoudings beïnvloed. Sy is getroud, het twee kinders en woon in Pretoria. Na aftrede verhuis sy eers na Oos-Londen en later na Paul Roux in die Vrystaat.

Skryfwerk “Die hol mense”Anoniem “Die Volksblad” 21 November 1981 is ’n sielkundige roman waar die impak van die jeugervarings van die hoofkarakterAnoniem “Die Suidwester” 30 November 1980 Ilse Marais op haar volwasse lewe uitgebeeld word.Pretorius, Wessel “Die Transvaler” 23 November 1981Sy probeer selfmoord pleeg nadat sy uitvind van haar man se verhouding met ’n ander vrou.Van Zyl, Ia “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 20 no. 1, Februarie 1982 Wanneer sy vir sielkundige berading gaan, raak sy betrokke in ’n verhouding met haar sielkundige. Die boek vertel die verhaal van die liefdesintriges voortspruitend uit drie ongelukkige huwelike, maar vlek ook die sielkundige ondergrond van hierdie karakters oop wat hulle tot buitehuwelikse verhoudings (en meer probleme) wend om uit die frustrasie van ongelukkige huwelike te probeer ontsnap. Die titel verwys na die oppervlakkigheid van die mensdom. “Die roeiers” ondersoek hoe moontlik dit is om te ontvlug van jou lewensomstandighede. Die titel verwys na roeiers se enigste opsie, naamlik om deur te druk tot die einde. Mia voel onvergenoeg met die skynheilige mensdom wat nie die werklikhede van hulle bestaan wil erken nie, en hierdie tipering geld ook vir haar man, Henk. Sy ontmoet dan vir Robert, wat ’n opwindende teenstelling is, iemand wat hom aan die lewe onttrek het en haar die kans bied om deel te word van sy lewe Op sielkundige gebied skryf sy verskeie artikels en boeke onder die naam Shani Grové. Dit sluit in “Die dans van die brein” (in Engels vertaal as “The brain dance”), “Leef ligter: Hoe om jouself te bemagtig en te word wie jy werklik is” (“Think light: how to empower yourself and become who you truly are”), “Gryp terug jou siel”, “Die brein-boek vir vroue en sommige mans”, “Dankie, brein” (“Thank you brain”) en “Die kleur van donkerte is lig: ’n gids by post-apartheidsdepressie”.

Publikasies JaarPublikasiesFiksie as Shanie Joubert1981Die hol mense1982Die roeiersNie-fiksie as Shani Grové1994Dankie brein1995Die dans van die brein1996Die breinboek vir vroue en sommige mans1998Die kleur van donkerte is lig: ’n gids by post-apartheidsdepressie1999Gryp terug jou siel2003Leef ligter: Hoe om jouself te bemagtig en te word wie jy werklik is

Bronnelys

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Joubert,_Shanie Shani Focus: http://www.hotfrog.co.za/business/fs/paul-roux/shani-focus

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1942