Bokklootjies of beesklootjies, ook (eufemisties): -kloutjies (Argyroderma testiculare (Aiton) N.E.Br.) is vetplante wat tussen die kwarts van die Knersvlakte endemies is. Dit behoort tot die familie Aizoaceae en word op die SANBI-rooilys as seldsaam gelys, omrede dit net in 'n klein gebied voorkom (kleiner as 300 km²), maar nie daar bedreig is nie.

duimnael|links|Bokklootjies

Dit is 'n dwergplantjie wat nie groter as 15 cm word nie. Die blare is dik en lyk soos 'n eier wat in twee helftes gekap is. Die blommetjies is pers met 'n geel hart.

Verwysings

testiculare Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika