Theuns Kotzé (1928 - 1988) was 'n Afrikaanse skrywer wat bekendheid verwerf vir sy kontreiverhale oor Namakwaland.

Lewe en werk Theuns Kotzé is in 1928 in ’n kapwa op die trekpad in Namakwaland gebore. As jong kind pas hy ses maande van die jaar skape op en die ander ses maande gaan hy skool. Ná matriek gaan hy werk in 'n bank in Durban, maar los dit omdat hy nie eintlik Engels kon praat nie en die geld te min wasSien artikel in Die Volksblad van 20 Maart 1987 Toe word hy onderwyser en daarna 'n mislukte sakeman. Op die televisieprogram Spies en Plessie was hy 'n gereelde gas om die kykers op sy stories te trakteer. Hy was getroud. Op 29 Februarie 1988 is hy oorledeAlbert Johan Nel se brief in Die Burger van 11 Maart 1988

Skryfwerk Theuns skryf verhale en sketse oor Namakwaland, waarin hy daarin slaag om hierdie eiesoortige streek en mense se kern saam te vat en weer te gee in knap vertellings wat weet wat om te sê en wat om te verswyg. Sy taalgebruik en sêgoed is ook besonder beskrywend en ’n realistiese weergawe van die streektaal. Sy kortverhale maak dus ’n bydrae as streekskuns en as letterkunde. Hy lê die vertellings in die mond van oom Klaas Rosyntjie en verskeie van hierdie verhale word eers in Huisgenoot gepubliseer voordat dit in ’n boek versamel word. Hy publiseer dan die verhaalbundelBotha, Elize “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 4, Desember 1979 “Latjieboud en die horingmansooi”, wat die titelverhaal, “Joeka”, “Jasper” en “Van Oshoek na Koffiemeul” bevat. “Die vlugroep van die kelkiewyn”Brink, André P. “Rapport” 29 November 1987 bevat korter sketse oor Namakwaland. Die akteur Albert Johan Nel voer in 1987 van hierdie vertellinge onder die titel “Slukkies uit die brakgorra” in die André Huguenet-teater in Bloemfontein op. Die stories wat hy kies vir die vertoning is “Die misvloernuwejaar” wat vol is van nostalgiese herinnering; “Oom Klaas en die ouderling” waar die mens se skynheiligheid onder die loep kom; die natuursiening in “Oom Klaas en die skoolmeester” en die onderonsie met ’n polisieman in “Oom Klaas en die Bottelkuit”. Abraham H. de Vries neem sy kortverhaal “Die skrywelekker” in die versamelbundel “Uit die kontreie vandaan” op en “Die vroedvrou kom betyds” in die versamelbundel “Steekbaard”. Theuns vertaal Wilbur Smith se “The diamond hunters” in Afrikaans as “Die diamantsoekers”.

Publikasies JaarPublikasies1972Latjieboud en die horingmansooi1987Die vlugroep van die kelkiewynVertalings1977Die diamantsoekers – Wilbur Smith

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Tydskrifte en koerante Anoniem “Skrywer self ’n Namakwalander” “Die Volksblad” 20 Maart 1987

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Kotze,_Theuns Nel, Albert Johan Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1988/03/11/10/2.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AKotze%2C+Theuns.&qt=hot_author

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1988