Jaco Kirsten is ’n Afrikaanse joernalis en skrywer.

Lewe en werk Jaco Kirsten is op 21 Januarie 1969 in Pretoria gebore. Sy pa is onderwyser en word later rektor van ’n kollege in Kimberley, terwyl sy ma ’n verpleegsuster is. Jaco word groot in Windhoek, Volksrust, Newcastle, Durban en Kimberley. Hy matrikuleer in 1986 aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Na sy verpligte militêre opleiding, waar hy valskermsoldaat is, studeer hy vanaf 1989 tot 1993 verder aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Hier behaal hy die Baccalaureus-graad in Bedryfskommunikasie in 1993 en begin daarna as verslaggewer by Die Volksblad werk. In 1997 verwerf hy die Association of Advertising Agencies se nagraadse diploma in kopieskryf en werk dan vir ’n ruk as advertensiekopieskrywer. Van 2000 tot 2004 is hy motorredakteur by Die Burger, waarna hy artikelredakteur by Weg-tydskrif word. Daarna is hy onderskeidelik assistent- en adjunkredakteur van Top Car-motortydskrif en word dan op 1 November 2007 aangestel as redakteur van die motorfietstydskrif Top Bike. Hy word afgedank wanneer hierdie tydskrif se publikasie gestaak word, waarna hy as joernalis vryskutwerk doen en betrokke raak by internetprojekte. Van sy rubrieke verskyn gereeld in Die Burger en in Rapport lewer hy die “Wit Umfaan”-rubriek. Saam met Emmanuel Spamer bedryf hy in 2014 ook die meneer.tv webwerf, wat humoristiese artikels vir hoofsaaklik die manlike Afrikaanse mark publiseer.Mandy de Waal se artikel in Mail & Guardian van 5 Desember 2014: http://mg.co.za/article/2014-12-04-our-braaivleis-rugby-and-rape-culture Hierdie webwerf word aan die einde van 2014 gestaak na klagtes oor die inhoud daarvan.Sien Liani Jansen van Rensburg se artikel op Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Nuus/Mnr-tv-webwerf-gesluit-20141127 Vanaf Mei 2010 tot Februarie 2013 is hy assistent-redakteur van WegRy / Drive Out, die 4x4-tydskrif en in 2014 word hy aangestel as redakteur. In 2010 is hy lid van die Suid-Afrikaanse span vir avontuur-motorfietswedrenne wat om die internasionale GS Trophy meeding.Who’s Who SA webwerf: http://whoswho.co.za/jaco-kirsten-33987 Hy is getroud met die geoktrooieerde rekenmeester Annalize. In 2018 het hulle uit Kaapstad na die VSA emigreer en hulle bly huidig in Denver, Colorado.

Skryfwerk Sy roman “Om na ’n wit plafon te staar”Coetzee, Corné “Rapport” 19 April 2009 vertel die verhaal van ’n groot media-maatskappy met sy wins-bo-alles mentaliteit.Hambidge, Joan Woorde wat Weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/jaco-kirsten-om-na-n-wit-plafon-te.html Die gefrustreerde motorjoernalis Lourens Erasmus is die protagonis en hy lewer genadeloosSteinmair, Deborah “Beeld” 27 April 2009 kommentaar oor die toestand van die korporatiewe wêreld, met temas soos die hantering van regstellende aksie en diversiteit in die werkplek wat voorrang geniet. Die nuwe Suid-Afrika waarin Lourens hom bevind, is vinnig aan die agteruitgaan en is onregverdig en rassisties. ’n Keur uit sy rubrieke in Die Burger word gebundel inRoux, Jaybee “Beeld” 23 Junie 2008 “Mý kant van die saak”. Hy nie bang om kontroversiële kwessies in sy rubrieke aan te raak nie en dit verteenwoordig ’n eerlike poging om te probeer sin maak van die chaotiese wêreld waarin ons leef. Ernstige kwessies word egter ook met ’n goeie dosis humor aangebied. As samesteller is hy verantwoordelik vir “Rugbymal”, waarin anekdotiese stories oor rugby soos gesien van die pawiljoene opgeneem is. Van sy kortverhale word in versamelbundels opgeneem, waaronder “’n Man móét soms sy plek ken” en “Hei, en toe stop die bont Peugeot…” in “Op hulle stukke” onder redaksie van Jeanette Ferreira. Sy sketse, artikels en rubrieke word ook in versamelbundels opgeneem, soos die bundels van stukke wat in Weg-tydskrif verskyn het, “Waar die leeus Afrikaans praat” en “Sonbrand en braaiboud”, terwyl van sy skryfstukke ook opgeneem word in Kerneels Breytenbach se “Die lekkerste lekker”, “Die bike boek” onder redaksie van Tobie Wiese en “Stories – Die room van Weg, WegRy en WegSleep”.

Eerbewyse In 2010 word hy aangewys as Media24 tydskrifte se rubriekskrywer van die jaar.

Publikasies JaarPublikasies2008Mý kant van die saak2009Om na ’n wit plafon te staarSamesteller2011Rugbymal

Bronnelys

Tydskrifte en koerante De Vries, Willem “Ek propageer niks, bevraagteken alles” “Volksblad” 6 April 2009 Malan, Marlene “Boek takel Afrikaanse media” “Rapport” 22 Maart 2009 Retief, Hanlie “Verlore in niemandsland” “Rapport” 29 Maart 2009 Rossouw, Johann “’n Hedendaagse Bart Nel” “By” 16 Mei 2009

Internet Bookslive: http://nb.bookslive.co.za/blog/2009/04/23/jaco-kirsten-se-omstrede-boek-eintlik-oor-identiteit/ De Waal, Mandy Mail & Guardian: http://mg.co.za/article/2014-12-04-our-braaivleis-rugby-and-rape-culture Jansen van Rensburg, Liani Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Nuus/Mnr-tv-webwerf-gesluit-20141127 LinkedIn: https://za.linkedin.com/in/jaco-kirsten-545b7519 LitNet: http://www.litnet.co.za/author/jaco-kirsten/ Tafelberg: http://www.tafelberg.com/authors/4946 Who’s Who SA: http://whoswho.co.za/jaco-kirsten-33987

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1969