Martina Klopper is ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk Martina Klopper is in 1976 gebore en word groot op Reitz in die Vrystaat. Sy matrikuleer aan die Voortrekker Hoërskool op Bethlehem. In 1999 behaal sy haar B.Mus.-graad aan die Universiteit van Pretoria. Sy begin vir sowat vyf jaar werk as rekenaarprogrammeerder, hoofsaaklik databasis-ontwerp, en werk daarna as ’n besigheidsontleder in die finansiële dienste-sektor in Kaapstad. Vanaf Maart 2012 tot Desember 2015 is sy ’n senior konsultant by ConVista Consulting SA en in Januarie 2016 sluit sy as senior konsultant aan by die internasionale ouditfirma Deloitte. In 2008 behaal sy haar M.A.-graad in Skeppende Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad.
Skryfwerk Haar debuutbundel,Barnard-Naudé, Jaco Versindaba: http://versindaba.co.za/2010/08/30/die-digkuns-as-rouproses-martina-klopper-se-nadoodse-ondersoek-2010/ “Nadoodse ondersoek”,Cloete, Eckhard LitNet: http://www.litnet.co.za/nadoodse-ondersoek-csi-vir-po-sieliefhebbers/ ontstaan hoofsaaklik uit die gedigte wat sy skryf vir haar meestersgraad in kreatiewe skryfkuns.Crous, Marius “Beeld” 11 Oktober 2010: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2010/10/11/B1/11/jpnadood.html Die titel roep die kliniese wêreld van die outopsie en die sjirurgiese en patologiese ontleding van die dooie op,Vos, Cas “Rapport” 26 September 2010: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/2010/09/30/R2/8,9/boek09poesie.html ook die dooie verhouding of alles wat na die einde daarvan ondersoek kan word. Die bundel word in vier afdelings verdeel. “Misdaadtoneel” beskryf die tonele en insigte waaruit gedigte vorm, soos verkragting met ’n afspraak (in teenstelling waarmee die vervelige afspraak nie aanleiding gee tot ’n gedig nie). Die afdeling “Eksterne ondersoek” lig gedrag en simbole uit wat waarneembaar is veral van mislukte verhoudings, terwyl die afdeling “Interne ondersoek” metafore wat met die hart en liefde verband hou, ontgin. Die slotafdeling “Verslag” beskryf die digkuns se invloed en wording, waar die geboorteproses van die gedig aanleiding gee tot wond of litteken by die digter en die poësie self dus ’n vorm van nadoodse ondersoek word. Van haar gedigte word opgeneem in die versamelbundel “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”. In 2020 word haar gedigte ‘Origami’, ‘Date rape’ en ‘Nom du père’ in Vers en vrou opgeneem.De Wet, K. (samest.) Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau. 2020
Publikasies JaarPublikasies2010Nadoodse ondersoek
Bronnelys
Internet LinkedIn: https://ms.linkedin.com/in/martina-klopper-8714469a Maré, Susan Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2010/11/19/VR/8/vsmartinaklopper.html NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/Authors/7873 Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/martina-klopper/
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1976