Randpark is 'n noordelike voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika wat aan die westekant van Randburg geleë is.

Randpark is 'n rustige, gevestige woongebied en vorm deel van 'n gebied wat se strate afgesper is vir veiligheidsredes. Dit word begrens deur verskeie ander voorstede insluitend Windsor Glen, Robin Hills, Malanshof en Fontainebleau, asook die N1-hoofweg.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Johannesburg