Amanda Joubert (oorlede 23 Oktober 1981) was ’n Afrikaanse skryfster.

Lewe en werk Joubert was ’n dogter van Georgie Linder, wat op haar dag ’n bekende aktrise was. Amanda se suster, Julie Strijdom, is self ’n aktrise wat in die beginjare van televisie gereeld rolle in veral televisiereeks gespeel het. Benewens haar talent vir skryfwerk, is Amanda ook musikaal aangelê. Sy skryf die temamusiek vir die rolprent Diamant en die dief en tree as sangeres op in televisieprogramme soos Gé sing, Daar staan ’n blom en Platepraatjies. Die kinderprogram Ligstraaltjies uit die Bybel word vir ’n rukkie deur haar aangebied. Sy is op 23 Oktober 1981 in ’n vliegongeluk aan die Natalse Suidkus oorlede, kort nadat sy verneem het dat haar debuutbundel aanvaar is vir publikasie.

 Skryfwerk Haar verhale en sketse word in verskeie letterkundige tydskrifte, insluitende Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde, gepubliseer. InVan Zyl, Dorothea “Die Burger” 5 Mei 1983 Klits word ’n keur hieruit gebundel. Die temas van die prosastukke is oorwegend die mens se stryd teenoor die lewe, met aspekte soos ouderdom, kompulsiewe eet en verslanking, drankmisbruik, verydelde liefde, teleurgestelde ambisie en verkragting wat aangespreek word. In ’n aantal verhale skryf sy ook uit die kind se oogpunt oor onbegrip en frustrasie in die grootmenswêreld.

Publikasies JaarPublikasies1982Klits

Bronnelys

Tydskrifte en koerante Visser, Ludwig “Jong boompie sou nog baie gegroei het” “Die Burger” 13 Augustus 1982

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Joubert,_Amanda

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Sterftes in 1981 Kategorie:Afrikaners