raam|80px

Die Canon EOS 750D, ook bekend as die Rebel T6i in die Amerikas en die Kiss X8i in Japan, is 'n 24.2 megapieksel intree-middelvlak digitale enkellensreflekskamera bekend gestel deur Canon op 6 Februarie 2015. As deel van die Canon EOS driesyfer/Rebel lyn, is dit die opvolger van die EOS 700D.

Die 750D is saam met die EOS 760/EOS Rebel T6s/EOS 8000D aangekondig. Dit bevat dieselfde sensor en byna dieselfde funksiestel. Een van die belangrikste verskille is dat die 760D 'n bykomende skouervertoon het, soortgelyk aan die EOS 70D.

Funksies 24.2 effektiewe megapieksel APS-C CMOS sensor 19-punt AF, almal kruistipe op 5.6. Die sentrumpunt is 'n hoë presisie, dubbelkruistipe op 2.8 of vinniger DIGIC 6 beeldverwerker met 14-bitverwerking Hibriede CMOS AF III ISO 100 – 12800 (uitbreibaar tot H: 25600) 95% soekraamdekking met 0.82 x vergroting 1080p vol-HD video-opname by 24p, 25p (25 Hz) en 30p (29.97 Hz) met valraam tydsberekening 720p HD video-opname by 60p (59.94 Hz) en 50p (50 Hz) 480p ED video-opname by 30p en 25p 5.0 rame per sekonde deurlopende skiet 3.0" (7.7 cm) vari-hoek Duidelike beeld II touchscreen LCD met 1,040,000 kolletjies resolusie. 3.5 mm mikrofoonsok vir eksterne mikrofoon of opnemers Wi-Fi + NFC konnektiwiteit "Anti-flikker" (bekendgestel op die EOS 7D Mk II) – die kamera kan ingestel word om outomaties die oomblik van blootstelling te vetraag om te vergoed vir flikkerende elektriese beligting

Verwysings

Kategorie:Canon-kameras