raam|80px

Die Canon EOS 760D, ook bekend as die EOS Rebel T6s in die Amerikas en die EOS 8000D in Japan, is 'n boonste intreevlak digitale enkellensreflekskamera wat op 6 Februarie 2015 deur Canon bekendgestel is. duimnael|Canon EOS 760D Dit is soortgelyk aan die 750D wat op dieselfde datum aangekondig is, maar voeg die volgende kenmerke by: LCD inligting vertoon bo-op die liggaam, 'n funksie wat nog nooit tevore beskikbaar was in die EOS xxxD/Rebel digitale lyn nie. Die laaste vorige verbruikervlakliggaam met 'n LCD-skerm was die 35mm film-era se EOS 3000N/Rebel XS N. 'n Vinnigebeheerdraaiknop op die agterkant van die liggaam, ook 'n eerste vir die xxxD/Rebel digitale lyn. Servo AF (outofokus) in lewendige sigmodus, sodat daar deurlopend geoutofokus kan word tydens snelskiet. Die 750D/T6i ondersteun slegs Servo AF wanneer optiese soek gebruik word. Beide die 750D en 760D kamera gebruik 'n gevorderde hibriede CMOS AF III sensor en 'n 19-punt AF-fasemodulesensor. Die hibried-AF-sensorstelsel word geaktiveer wanneer 'n gebruiker oorskakel na lewendige sigskiet of 'n video opneem.

Al die huidige Canon EF-lense is versoenbaar met Canon se jongste hibried-AF-sensor en behoort sonder enige probleme te outofokus.

Op 8 Mei 2015 het Canon VSA bevestig dat daar 'n sensorprobleem op sommige 760D kameras is.

Verwysings

Kategorie:Canon-kameras