Annette Joelson (1903–1971) was ’n Suid-Afrikaanse skrywer, wat sowel Afrikaanse as Engelse werke geskryf het.

 Lewe en werk Annette Joelson is op 16 Februarie 1903 op Hopetown in die Karoo gebore. Haar ouers is Simon en Jenny Joelson. Haar vader was ’n boer in die distrik waar sy op die plaas Kroonkuilsdam grootword. Tot en met haar dertiende jaar kry sy haar skoolopleiding by ’n goewernante op die plaas. Hierna gaan sy in Kaapstad skool aan die Good Hope Seminarie, waar sy matrikuleer. Sy studeer dan verder aan die Universiteit van Kaapstad en behaal in 1921 haar graad. Verskeie kere gaan sy oorsee, waar sy Europa deurreis en ook vir lang tye in Engeland woon. Sy woon ook vir ’n ruk in Oos-Afrika. In 1942 trou sy met Maurice Jacobs. Die egpaar emigreer in 1944 na Engeland, waar haar man lid van die Britse Vloot was. Later jare woon hulle in Londen, waar sy op 14 Mei 1971 oorlede is.

Skryfwerk Haar skryfloopbaan begin wanneer sy in Suid-Afrika ’n kortverhaalwedstryd wen. Sy bundel haar Afrikaanse kortverhale in “By Helam aan die rivier en ander verhale”. “Suid-Afrikaanse moeder” uit hierdie bundel word deur Annemarie van Niekerk opgeneem in die versamelbundel “Vrouevertellers 1843–1993”. Sy skryf ook ’n aantal kinderverhale en romans in Engels, ’n biografie oor Charles William Henry Kohler van die KWV en enkele geskiedkundige werke, insluitende “South African yesterdays” en “Heirs to the throne” oor die prinse van Wallis, wat in Amerika onder die titel “England’s princes of Wales” verskyn. Haar Engelse roman “Desire within” word aanvanklik as Afrikaanse vervolgverhaal in Die Huisvrou gepubliseer.

Publikasies JaarPublikasiesAfrikaans1941By Helam aan die rivier en ander verhale1945Herinneringe van Kohler van die KWVEngels1920Field mouse storiesThe story of Bro. Wolf and Bro. Jackal1926A guide to the study of musical historyHow the ostrich got his name1929The dancing girl of Gilead1931Raw clay1932The golden stag1933Desire within1934The adventures of Jacky Browncoat1935Blind living1937Courtesan princess1940South African yesterdaysAnd still remember1946The memoirs of Kohler of the KWV1966England’s princes of WalesHeirs to the throne

Bronnelys

Boeke Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969

Internet Esaach: http://esaach.org.za/index.php?title=Joelson,_Annette Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AJoelson%2C+Annette%2C&qt=hot_author

Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein “Joelson, Annette –  Biografie”

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1903 Kategorie:Sterftes in 1971