Dirk Hertzog (1914–1991) was 'n medestigter van die Rembrandt-groep van maatskappye en skrywer van ’n bundel spreuke.

Lewe en werk Dirk Willem Ryk Hertzog is op 1 Desember 1914 op Jagersfontein in die Vrystaat gebore. Hy is die enigste seun van generaal J.B.M. Hertzog se oudste broer Dirk. Sy moeder is Rykie Hester de Waal. Van moederskant is die skrywer J.H.H. de Waal een van sy ooms. Hy word op ’n plaas in die distrik Jagersfontein groot. Sy vader word as lid van die sentrale raad van die Landbank aangestel en verhuis die gesin in 1926 na Pretoria. Hy voltooi sy hoërskoolopleiding aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, waarna hy die B.A.-graad en die LL.B.-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy bekwaam hom as regsgeleerde en word vennoot in die bekende prokureursfirma Couzyn, Hertzog en Horak. In 1941 begin hy saam met dr. Anton Rupert en dr. Nic Diederichs ’n droogskoonmakery in Pretoria, waarna hy en Anton Rupert in 1943 medestigters is van Tegniese en Industriële Beleggings, waaruit die Rembrandt-groep van maatskappye later sou groei. Hy was ook onder meer direkteur van die destydse Uniewinkels, ’n voormalige voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut en dien ook vanaf 1989 tot 1991 as president van die Vryemarkstigting. Hy is getroud met Lorraine en hulle het drie kinders, Dirk Willem Ryk Hertzog, Edwin de la Harpe Hertzog en Erna de la Harpe Meaker. Vir die laaste jare van sy lewe woon hy op Hermanus. Hy is op 2 Desember 1991 na ’n noodoperasie in ’n hospitaal in Somerset-Wes aan mesenteriese trombose oorlede.

Skryfwerk Rooimiere”A.W.P. “Die Volksblad” 11 Januarie 1986 is ’n bundel spreuke op die trant van Langenhoven, waarin baie waarheid opgesluit lê.Brink, André P. “Rapport” 2 Februarie 1986Sommiges klink bekend, al weet jy dat jy dit nie elders kon gelees het nie, want so is dit met tydlose waarhede: sien jy iets een keer in, word ’n alledaagse ding ’n bron van verwondering.Maas, O. “Die Burger” 6 Maart 1986 Tussen die sêdinge is daar ook die “rooimiere” van die titel, wat geniepsige byt het en moeilik is om te vergeet.

Publikasies JaarPublikasies1985Rooimiere

Bronnelys

Boeke Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Tydskrifte en koerante Anoniem “Dirk Hertzog laat meer as R9,6m na” “Die Burger” 12 Desember 1991

Internet Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1991/12/3/1/5.html Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1991/12/12/1/4.html Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hertzog,_Dirk Geni: https://www.geni.com/people/Dirk-Hertzog/6000000020893482918

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1991