Fredrik Stephanus Hermann (Frik) (1933 - 8 Februarie 2011) was ’n boer, digter en skrywer. Hy is die oom van Dirk Hermann, die uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit.

Lewe en werk Frik S. Hermann was ’n ongetroude boer wat op die plaas Laaste Watergat naby Alma in die distrik Nylstroom in Limpopo se Waterberge woon. Hy is bekend in nasionalistiese bewegings en is onder meer stigterslid van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging. Na sy aftrede skep hy sy plaas om in ’n volksmuseum, waar hy verskeie beelde van volkshelde en gedenkplate oprig. Hy is die oom van dr. Dirk Hermann, die uitvoerende adjunkhoof van die vakbond Solidariteit. Hy word in 2011 wreed op sy plaas vermoor en sy lyk word op Dinsdag 8 Februarie 2011 deur sy buurman gevind, waarskynlik dae nadat hy reeds dood is. Hy was waarskynlik nog lewend toe sy moordenaars hom verlaat het, maar styf vasgebind sodat hy nie kon loskom nie en ’n pynlike dood moes sterf.

Skryfwerk Hy skryf onder andere die koorspelWybenga, Henk “Die Transvaler” 26 Mei 1979 “Ysterpilaar”, waarin regverdiging gesoek word vir die teenwoordigheid van die Afrikaner in Afrika. “Onder die sonlyn van Afrika” bevat twee verhale, terwyl “Heilige opstand” en “God se bos” poësie is.

Publikasies JaarPublikasies1964Onder die sonlyn van Afrika1965Die groter soektog1979Heilige opstandYsterpilaar1980God se bos1981Swerwers van die wit Suiderland: die verhaal van Rudolph Oelofse

Bronnelys

Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hermann,_Frik Facebook: https://www.facebook.com/permalink.php?id=136542513044323&story_fbid=918556544842912 Heilbron Herald: http://heilbronherald.co.za/Images/Binders/2011-02-11_12-45-08BINDER%2011%20FEB%202011.pdf Louw-Carstens, Marietie Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2011/02/15/B1/4/mlhermanngraf.html OCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=%22Hermann%2C+Frik%22 Politicsweb: http://www.politicsweb.co.za/party/anc-condemns-murder-of-frik-hermann-78 Steenkamp, Lizel Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2011/02/11/VB/2/POLplaasmoorde_1805.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AHermann%2C+Frik.&qt=hot_author

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaanse digters