Hein Hendriks (1911-1979) was ’n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur. Hy verwerf veral bekendheid vir sy speur- en avontuurverhale. Hy word bekend onder die naam R. Hendriks, maar skryf ook verskeie werke onder die skuilname André Murat en Casper H. Marais. As R. Hendriks skryf hy die Temmers van die woestyn-reeks en die Rooi Masker-reeks. As André Murat en Casper H. Marais skryf hy onderskeidelik die Rooi Jan-reeks (Jeuglektuur) en ses boeke oor die Mank Mannetjie-karakter. Die joernalis en skrywer Hermie Hendriks is een van sy broers.
Lewe en werk Reinhardt (Hein) Hendriks is op 24 Maart 1911 op Swellendam gebore, waar hy ook sy skoolopleiding ontvang. Hy is die oudste van drie broers en sy broer Hermie Hendriks word later ook ’n bekende skrywer van ontspanningslektuur.
Na matrikulasie aanvaar hy in 1930 ’n betrekking in Kaapstad as klerk by ’n versekeringsmaatskappy. Na ses jaar verhuis hy na Transvaal waar hy in 1936 by Ons Vaderland in diens tree as joernalis, terwyl Willem van Heerden hoofredakteur is en A.M. van Schoor die nuusredakteur. Hier ontmoet hy skrywers soos Uys Krige, P.J. Schoeman en S.G. Smidt (wat veral as skrywer onder die skuilnaam Johann van der Post bekendheid verwerf), wat hom grootliks beïnvloed.
In 1937 tree hy in diens van Die Transvaler, met H.F. Verwoerd as die eerste redakteur en hyself die eerste plattelandse redakteur, waarna hy hoof word van die versendingsafdeling van die Transvaler Boekhandel. In hierdie tyd begin hy skryf en sy eerste boek verskyn in 1941.
Hy trou in 1942 met Joan Henriëtte du Toit en bedank dan sy werk om voltyds te skryf en in 1947 verhuis hy terug na Swellendam. Hier skryf hy voltyds, maar boer ook met hoenders.
In 1953 keer hy terug na Johannesburg en word weer redaksielid van Die Vaderland en in 1964 aanvaar hy ’n pos by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie as bibliotekaris.In 1975 tree hy in hierdie posisie af, waarna hy deeltyds in Rapport se biblioteek werksaam is.
Sy eerste vrou is in November 1959 aan ’n ongeneeslike siekte oorlede, nadat twee seuns uit die huwelik gebore is. Na sy eerste vrou se dood trou hy in Maart 1960 met Marjorie Joyce (Jay) McIntosh. In November 1960 laat hy homself vrywillig bankrot verklaar, onder meer oor verliese wat hy gely het met sy hoenderboerdery in Swellendam en die groot onkoste verbonde aan die siekte van sy eerste vrou.
Hy sterf op 8 Augustus 1979 in Devon in Engeland aan ’n hartaanval terwyl hy en sy tweede vrou by haar familie kuier. Op 13 Augustus 1979 is hy in die Exeter-krematorium in Noord-Devon veras.
Skryfwerk Sy eerste roman, Die slangnes, verskyn onder aanmoediging van Uys Krige en S.G. Smidt, waarna hy ’n groot aantal speur- en avontuurverhale skryf, waarvan Die heilige kewer een van die bekendstes is.
Die kopbeen kom huis toe, wat aanvanklik in 1946 gepubliseer is, word later heruitgegee in die Klub 707-reeks.
In Slagoffers van liefde (1952) ontvang Selene Bylewoud ’n dreigbrief, waarna die poppe regtig begin dans.
Onder die naam R. Hendriks word hy veral bekend vir die vele boeke wat hy in die Temmers van die woestyn-reeks skryf. Hierdie is ’n reeks sonder ’n deurlopende hoofkarakter en beskryf avonture in die dae toe die land nog woes en ongetem was en mense nog ver uitmekaar gebly het. Braam le Roux begin hierdie reeks te skryf, maar Meiring Fouché (skuilnaam van F.A. Venter) lewer ook ’n aantal boeke vir die reeks. Hy is ook verantwoordelik vir boeke in die Rooi Masker-reeks.Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/casper%20h%20marais.html
Onder die naam Casper H. Marais skryf hy ligte ontspanningsleesstof, waaronder die gewilde Rooi Jan-reeks vir die jeug, wat waarskynlik sy bekendste werke is. Rooi Jan is met sy bos rooi hare en baard ’n soort Tarzan-karakter, wat met sy getroue swart perd en hond onmoontlike heldedade verrig teen die agtergrond van die Oosgrensoorloë in die negentiende eeu. Die eerste reeks van 24 boeke oor Rooi Jan skryf hy tussen 1946 en 1950 om saam te val met die Afrikaanse vertaling van Edgar Rice-Burroughs se Tarzan-boeke, wat deur A.M. van Schoor behartig is, waarna hy tussen 1960 en 1962 ’n tweede reeks van 15 boeke oor hierdie karakter skryf. Met die heruitgawe van Rooi Jan in 1970 moet die titel van die eerste boek, Die skrik van Kafferland, verander word na Die skrik van die wildernis om meer polities korrek te wees.Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/rooi_jan.html
Die Mank Mannetjie-karakter, oor wie hy ’n reeks van ses boeke skryf, is ’n spook wat hom inmeng in die lewens van die lewendes en sodoende vele grappige insidente tot gevolg het. Verder skryf hy ses boeke onder die naam André Murat.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Murat,_Andr%C3%83%C2%A9
Publikasies JaarPublikasiesR. Hendriks:Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hendriks,_ReinhardtWorldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AHendriks%2C+R.&qt=hot_author1941Die slangnes1942Die verdwyning van die tweeling1943Die weerwraak van Karl Voss1944Die wreker1945Drie vermiste beentjiesDie lot van Martjie SelmMans verbodeDie verdwene pasiënteJesebelDie vlermuis se nesAs die grond roep1946Bloedspoor na die kratersDie vlug voor die skavotPiet Pote leer speurDie kopbeen kom huis toeDaarna fladder die motDie deur bly toeEk is Antoinette Duke1947Die heilige kewerDie driemanskap van WesdamDie raaiselmoorde1949As die dromme praatHaar laaste pasiëntFluisterende gaste1950Die laaste van die HenckelsNero die rifrug1951Poort van verskrikking1952Slagoffers van liefdeSoos die doderyk1953Geheim van die Wit OrgideëDie spook van Haaikrans1954Geen krans vir Stella1955Bloed oor die branders1958Die verlore bewysstuk1959Skedel van vrees1960Geheim van die rooi ster1961Die geheimsinnige dorpsvrou1963Swerwers op die wapad1965Dr. Lafras se menseSter van die Breede1967Erfgoed1971Nag in SodomTemmers van die woestyn-reeks (as R. Hendriks):1958Engel van die wraakDie rowers van KoperlusSpore in die sandDie swart ruitersVyand uit die nagDie wurgbende1959Die blinde skutDraers van onheilRuiters in die nagDie skat van Hans HanssenSpanning op BlinkklipDie stryd van Elsa OelrichDie verwoesterWaar die kraai waakDie wolf1960Die halfmaanspoorDie skatte van OewerplaasSluipers in swartWolwe in skaapsklere1961Bloed oor die MolopoEn hoër styg die watersGif uit die aardeJob van BabelskopDie kluisenaar van Laaste RusDie perdedief van GrootrivierDie plaasstelersSandpad van die doodSkat van bloedSlagoffers van die RichtersveldWit koning van die Boesmans1962Huis onder die kransePlaas van smartDie spookruitersWandelaar in die nag1963Bloedspoor na die bergeDie Rooi Masker-reeks (as R. Hendriks):Verdoemenis van MambashoekDaar is bloed aan die masVreemdeling in die huisAdres – MarshallpleinHaat in die hartDie Rooi Jan-reeks (as Casper H. Marais):Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2012114726/1946Die skrik van Kafferland1959Die wrekerDie noodroep uit die oerwoudDie ivoorjagter1947Die RooilemmoordenaarsDie heilige grotRooi Jan en die rowersDeur vloedwaters en vlamme1948Die vloek van GrootrivierDie dag van afrekeningDie swart kommandoRooi Jan in die leeukuilSlaags met ’n gruwelbendeJagters van die wit hartDie gifdraers1949Die swart arendDie skedeldraersNag van onheilSkeur van die doodMaanhaar van die berge1950Die vampiereDie swart BoesmansDie wit mambaHeerser van die oerwoud1960Die swart boogskuttersDie valkDie wit buffelSpore van die aasvoël1961As die skildwag blafBloedspoor van die Goue StoelDie kopjagtersSluipers van die slykmoerasSmokkelaars van DingaanVerskrikking uit die newelsDie wit verraaierDie woestaard van Tierberg1962Die dag van die groot slagtingMuiters van die swart arendDie wit renegaatDie Mank Mannetjie-reeks (as Casper H. Marais):1951Die vrolike spookDie kastyding van Mieta BockDie spookmuseumMoleste in ’n modewinkelManewales in ’n sirkus1952’n Spokery oor beneAndré Murat:1961Die gevaarlike tiksterMoord is ’n kuns1962Moordenaar in die huisDie swart roos1963Onrus op MôresterKlokslag Middernag
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005
Tydskrifte en koerante Anoniem. Rooi Jan laat sy naam leef. Rapport, 12 Augustus 1979
Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. R. Hendriks Lewenskets en Bibliografie.
Ander verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1911 Kategorie:Sterftes in 1979