duimnael|Media24 se kenteken
TV Plus is 'n Suid-Afrikaanse tydskrif in die Media24-stal met aparte Afrikaanse en Engelse uitgawes. Dit is 'n gesinstydskrif wat sedert 1999 tweeweekliks verskyn. Die teikenmark is persone wat meer as 25 uur per maand voor die televisie deurbring. Die tydskrif publiseer programskedules, asook artikels ook plaaslike sepies, rolprente, gebeure, tuisvermaak, bekende sterre, skindernuus, mode, sport en dies meer.TV Plus , media24.com, besoek op 15 Oktober 2016
In 2006 het TV Plus 'n sirkulasie van 164 626 gehad, wat dit (naas Huisgenoot en You) die derde grootste tydskrif in Suid-Afrika maak (TV Plus het ’n gekombineerde sirkulasie vir die Engelse en Afrikaanse uitgawe).Nänny, Pia; Vooruitsigte vir die Afrikaanse Tydskrifmark ; Universiteit Stellenbosch; Maart 2007
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse tydskrifte