Santie Grosskopf (gebore 1932) is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Anna Susan Pretorius is op 16 Junie 1932 op Stellenbosch gebore as een van vier kinders van Gabriël Jacobus Pretorius en Anna Susanna Naudé. Sy het ’n broer, Eduan Filippus, en twee susters, Marian en Riélle Louise. Sy word groot in die Paarl, waar sy matrikuleer aan die Paarl Girls High School. Daarna studeer sy verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy in 1952 ’n B.A.-graad met Sielkunde en Afrikaans as hoofvakke behaal. Hierna werk sy as joernalis by Die Oosterlig in Port Elizabeth en Die Burger in Kaapstad. As joernalis behartig sy ook onder meer die bekende “Stop van myne”-rubriek vir “Die Volksblad”.

Op 8 Januarie 1955 trou sy in die Paarl met die joernalis Heinrich Johannes Grosskopf. Hulle verhuis na Londen om ’n buitelandse korrespondensie kantoor vir Nasionale Pers te open en keer na drie jaar weer terug na Kaapstad. Daarna woon hulle in Bloemfontein en dan in Johannesburg, waar Johannes vanaf 1974 tot 1977 die tweede redakteur van die dagblad Beeld is. Hierna gaan hulle na Washington om nog ’n buitelandse kantoor vir Nasionale Pers te open, maar keer aan die einde van 1983 na Suid-Afrika terug, waar Johannes die leerstoel van Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch tot met sy aftrede in 1993 beklee. Hulle het vier kinders, met Heinrich Johannes (Hein) Grosskopf die jongste. Hein sluit in die tagtigerjare by die ANC aan en is as politieke aktivis op 30 Julie 1987 verantwoordelik vir ’n bomontploffing by die hoofkwartier van die Kommandement Witwatersrand, waarin 29 mense beseer is. Hierna vlug hy in 1988 na Brittanje, maar kry in 2000 amnestie by die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) vir hierdie daad. Die ander kinders is Ernst, Annemarie en Riël. Haar man Johannes sterf op 11 Oktober 2014 op Stellenbosch.

Skryfwerk Haar boek “Die hele dorp weet” is vir sowat agtien jaar aan skole voorgeskryf en dien ook as die basis vir ’n rolprent onder die naam “Soekie”. Dit verskyn eers as vervolgverhaal in ’n tydskrif en vertel die verhaal van ’n getroude man met kinders se buite-egtelike verhouding met ’n ander vrou vanuit sy dogter Soekie se perspektief. Die titel verwys na die hele dorp wat weet dat haar pa weg is van die familie en wat ook sy draai maak in die skool, waar sy daaroor geterg word. Soekie besluit om die saak self op te los en gaan vra die vrou om haar pa weer terug te gee. “My eerste groot boek oor ons land” is ’n geskiedenisboek vir kinders.

Sy vertaal meer as vyftig kinderboeke in Afrikaans, wat insluit “Die dorpie op die grasvlakte”, “Die eerste vier jaar”, “Die huis langs die silwer meer”, “Die huis op die grasvlakte”, “Die huis langs die Pruimrivier”, “Die huis in die groot bos”, “Die goeie, goue jare” en “Boerseun” van Laura Ingalls Wilder, “Allerlei dwerge” van Ruth Manning-Sanders, “Die harlekyn en ander kleuterverhale” van Mies Bouhuys,Beneke, Hannes “Die Transvaler” 14 September 1981 “Koning van Katoren”Brink, André P. “Rapport” 16 Oktober 1977 van Jan Terlouw en “Wes van die maan”, wat ’n keuse is uit die werk van Kate Douglas Wiggin en Nora Archibald Smith. In 1980 word die SAIBI-vertaalprys aan haar toegeken vir haar vertaling van Ludvík Aškenazy se “Waar die goue skilpad dans”.

 Publikasies JaarPublikasies1958Die hele dorp weet1968My eerste groot boek oor ons landVertalings1961Die eseltjie Grisella – H.M. DenneborgJan en die wildeperd – H.M. DenneborgDie mallemeule – Lisa-Marie Blum1962Die wildeperd Balthasar – H.M. Denneborg1963Allerlei dwerge – Ruth Manning-Sanders1964Gulliver se reise – Jonathan SwiftVuurskoen en Windsandaal – Ursula Wölfel1965Boerseun – Laura Ingalls WilderDie huis in die groot bos – Laura Ingalls WilderDie huis op die grasvlakte – Laura Ingalls Wilder1967Die huis langs die Pruimrivier – Laura Ingalls WilderDie huis langs die Silwer Meer – Laura Ingalls wilderLassie kom-weer – Eric Knight1968Caroline en die Rooihuidpop – Elizabeth YatesDie dorpie op die grasvlakte – Laura Ingalls WilderDie lang winter – Laura Ingalls WilderTsjieng-Tieng en die eende – Marjorie G. Fribourg1969Die goeie goue jare – Laura Ingalls Wilder1970Allerlei reuse – Ruth Manning-SandersOos van die son – Kate Douglas Wiggin en Nora Archibald SmithWes van die maan – Kate Douglas Wiggin en Nora Archibald Smith1971Die laggende harlekyn en ander kleuterverhale – Mies BouhuysDie burgers van Schilda – Georg Paysen PetersenDie eerste vier jaar – Laura Ingalls Wilder1978Koning van Katoren – Jan TerlouwWaar die vosse blokfluit speel – Ludvík Aškenazy1979Die muis sonder snorbaard – Marguerite PolandWaar die goue skilpad dans – Ludvík Aškenazy1981Katryn Kraakneut en ander vergete volksverhale – Alison Lurie

Bronnelys

Boeke Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante Willemse, Raymond “Grosskopf ‘was lig in donker landskap’” “Beeld” 21 Oktober 2014

Internet Malan, Pieter Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2000/11/22/2/18.html Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/grosskopfs.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AGROSSKOPF%2C+Santie.&qt=hot_author

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Lewende mense