Die Canon EOS 400D, ook bekend as die Digital Rebel XTi in Noord-Amerika en EOS Kiss Digital X in Japan, is 'n intreevlak digitale enkellensreflekskamera wat op 24 Augustus 2006 deur Canon bekendgestel is.
Besonderhede Dit is die opvolger van die EOS 350D, met opgradering na 'n 10.1 megapieksel CMOS sensor, 'n groter deurlopende skietbuffer, 'n geïntegreerde beeldsensor, vibrerende skoonmaakstelsel (die eerste keer gebruik op 'n Canon EOS DSLR), 'n akkurater negepunt-outofokusstelsel van die EOS 30D, verbeterde greep, en 'n groter 64 mm LCD met 230 000 pieksels en 'n groter vertoonhoek.
Verwysings
Kategorie:Canon-kameras