Die Wêreldnatuurlewefonds definieer 'n ekostreek as 'n groot stuk land of water wat 'n versameling spesies, natuurlike gemeenskappe en ekologiese omstandighede bevat wat geografies verskil.
Daar is ook ander navorsers wat probeer het om die natuur van die wêreld in streke in te deel. Daar is byvoorbeeld die fitogeografiese indeling in floraryke. Die WWF se indeling is egter van die mees grondige. Dit is op wetenskaplike basis opgebou en probeer 'n sintese van plante- en diereverspreidings te wees.
Die WWF onderskei tussen: ekostreke op land ekostreke van soetwater ekostreke van see en oseaan
Landekostreke Die WWF onderskei 867 landekostreke. Die grense is nie altyd duidelik nie, maar hulle word bepaal deur te kyk na:
rykdom aan spesies endemie van spesies uniekheid van die spesies, byvoorbeeld die aanwesigheid van primitiewe spesies of spesies wat oorblyfsels uit die verlede is. besonderhede op ekologiese en evolusionêre gebied, soos besondere aanpassings die seldsaamheid van die tipe vegetasie
'n Ekostreek behoort tot een van die 14 WWF-biome en een van die 8 ekosones.
WWF-ekosones duimnael|400px|Die 8 ekosones Die ekosones en hul kodes is: PA : die NA : die AT : die NT : die IM : die AA : die OC : die AN : die
WWF-biome duimnael|400px|Die WWF-ekostreke van die Afrotropiese gebied. Die kleure dui hul bioom aan.
Die WWF-biome en hul kodes is: 01: 02: 03: 04: 05: 06: 07: 08: 09: 10: 11: 12: 13: 14:
Die kode vir 'n ekostreek duimnael|links|Die ekostreek AT1203 Elke ekostreek kry 'n kode soos AT1203 wat wys dat hierdie ekostreek aan die ekosone Afrotropiese gebied (AT) en die bioom Mediterreense woud, bos- en struikveld (12) behoort. Dit is die derde ekostreek van hierdie ekosone/bioom-kombinasie. Hierdie ekostreek word beskryf as die bergfynbos en -renosterveld van die Wes-Kaap.
Sien ook Floraryk
Verwysings
Eksterne skakels