J.G. Gauché is ’n Afrikaanse skrywer.

Lewe en werk Hy skryf kindertoneelstukkies wat hy saambundel in “Die sleutel en vier ander toneelstukkies”, met die subtitel “veral geskik vir skoolkonserte”. Hierin verskyn stukke vir kleiner kinders (“In droomland”, “Kabouterkoning”) en vir groter kinders (“Haar deeltjie bygedra”, “Die sleutel” en “Japie”). “Haar deeltjie bygedra” word geskryf na aanleiding van die gedig “The two church-builders” deur J.G. Saxe. Die element van fantasie kom reeds in hierdie kinderdramas voor, maar die stukke vir groter kinders oortuig nie in hulle uitbeelding van uiterlike handeling nie, soos byvoorbeeld die oordrewe voorstelling van kwajongstreke in “Japie”. “Pioniers” is ’n drama oor die Groot Trek en Voortrekkerleiers soos Hans van Rensburg, Louis Trichardt en Hendrik Potgieter. Saam met J.G. Prinsloo skryf hy Anoniem “Nuwe Brandwag” Deel 5 no. 4 November 1933“In die woeste Weste”, die verhaal van die Dorslandtrek soos oorvertel deur een van die trekkers, wat ook insluit die stigting van Humpata en Grootfontein deur die pioniers van Angola en Suidwes-Afrika.

Publikasies JaarPublikasies1931Pioniers1933Die sleutelIn die woeste Weste (saam met J.G. Prinsloo)

Bronnelys

Boeke Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Schoonees, P.C. “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging” J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch- Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk)

Resensies

Kategorie:Afrikaanse skrywers