duimnael|J.M. Friedenthal
J.M. Friedenthal (* Julius Neumann Friedenthal op 19 Oktober 1887, Potchefstroom – †1 September 1959, Johannesburg) was ’n vroeë Afrikaanse skrywer van avontuurverhale. Om onduidelike redes word sy boeke gepubliseer as J.M. Friedenthal, hoewel sy voorletters J.N. isKakkerlak: http://kakkerlak.co.za/skrywersprofiele/friedenthal-j-m/
Lewe en werk Julius Neumann Friedenthal was op 19 Oktober 1887 op Gatsrant in die distrik Potchefstroom gebore. In 1894 verhuis die gesin na Edenburg waar hy sy skoolopleiding begin. In 1899 trek hulle weer, hierdie keer na Barkly-Oos, maar weens die Anglo-Boereoorlog gaan hy vir twee jaar nie skool nie. Later sit hy sy skoolopleiding voort op Burgersdorp, Dewetsdorp, Worcester en Kaapstad. Hy beplan om predikant te word, maar staak sy studies wanneer sy vader te sterwe kom.
Vanaf 1908 tot 1910 gee hy onderwys op Doornkloof in die distrik Bedford. Daarna hou hy skool op Rustenburg, Bloemhof, Piet Retief en vanaf 1933 op die Queens Junior Hoërskool in Johannesburg. Hy hou skool tot met sy dood.
Sy liefde vir jag neem hom op vele jagtogte tot in Midde-Afrika waartydens hy ’n goeie kennis van die natuurlewe en die inboorlinge opdoen, wat in sy werke weerklank vind. Hy is getroud en die egpaar het drie dogters.
Op 1 September 1959 is hy in Johannesburg oorlede.Anoniem. Skrywer oorlede. Die Volksblad, 1 September 1959
Skryfwerk
Avontuurverhale Die verdienstelike Tissamoe verskyn in 1926 as vervolgverhaal in Die Huisgenoot. Hy skryf vele avontuurverhale vir die jeug, wat in sy tyd ook deur baie volwassenes gelees is, met slegs een van sy boeke, Die ysbaan van Haasburg, wat op die jonger kinderleser gemik is. Ondank is die wêreld se loon en Nukkebol Reinard, twee boeke wat op mekaar volg, vertel dierverhale in Afrikaans met die slim vos Arnolus en later sy seun Reinard wat al die diere om die bos lei. ’n Derde boek met avonture van Reinard verskyn later onder die titel ’n Ridder in oneer. Op die Spoor van die Gorilla speel af teen die agtergrond van grootwildjag in Midde-Afrika en die soektog na ’n kind wat deur ’n gorilla-wyfie ontvoer word. Die moederliefde by mens en dier word met oortuiging geteken. Realistiese dierverhale is Oerwoudbure en Langs gapende rotswande. Uilskuiken die slaaf het ’n slaaf uit Oos-Afrika as hoofkarakter. Hy word in die Kaap verkoop, eers aan ’n hardvogtige en wrede man en dan aan ’n simpatieke boer, by wie hy later sy vryheid verwerf. As sendeling keer hy later na sy geboorteland terug.Storiewerf: http://storiewerf.co.za/cv's/cv_jmfriedenthal_ph.htm
In van sy werke beeld hy die mites, legendes en lewensbeskouing van die Swazi’s uit.Nienaber, P.J. Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, 1937Die wagter van die koning se beeste is die eerste hiervan en verteenwoordig ’n groot verbetering op sy vorige werk. Die omslagtige styl wat baie van sy vroeër werk kenmerk, is hier afwesig en word vervang deur ’n vlot verteltrant met spannende aksie. Oemswaas, koning van die Swazi’s, is deur sy bygeloof oorgelewer aan die genade van sy toordokter, Segwana, wat saam met ’n Portugees planne beraam om hom van sy goudskatte te beroof. Segwana word egter ontmasker deur die koning se beeswagter, Hlopek, wat in die laaste hoofstuk ook vir Dingaan doodsteek en in triomf terugkeer. Noncoba en Die Inzinyanga het ook die Swazi’s en hulle kultuur as boustof. ’n Aantal verhale het vir Ras Sjoema, lid van ’n wit inboorlingstam in Sentraal-Afrika, as die held. Dit is tipiese avontuurverhale in die trant van Tarzan en Rooi Jan. In Die avonture van Ras Sjoema is die hoofkarakter ’n jong kaptein wat verlief raak op die opperhoof se dogter. Na die uitvoering van ’n besonder moeilike opdrag kry hy haar as bruid. Ander verhale van hom is Die verlore prins en Onder die kannibale.
Historiese verhale Historiese verhale sluit in Lottie McGlyn, Doodsengel op die waspoor (oor die lotgevalle van die Dorslandtrek) en Van Riet – verkenner. Die Hoek se nuwe hoof is ’n roman oor die skoollewe, terwyl Die baas van Vergelegen ’n pionierboer is wat in opstand kom teen nuwerwetse idees. Die voorbode en ander spookverhale is ’n bundel spookstories. Van sy verhale word in versamelbundels opgeneem, soos Izinyanga in Mooi loop onder redaksie van G.H. Franz.
Publikasies Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Friedenthal,_J.M.Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AFriedenthal%2C+J.+M.&qt=hot_author JaarPublikasies1931Ondank is die wêreld se loon1935Op die spoor van die gorilla1936Nukkebol ReinardUilskuiken die slaaf1937Die wagter van die koning se beeste1938OerwoudbureDie avonture van Ras SjoemaDie voorbode en ander spookverhale1939Die doodsengel op die waspoor1940Langs gapende rotswandeDie wapad is my woningDie vlermuis1941Die verminkte prins1942NoncobaDie Baas van Vergelegen1943Die IzinyangaVan Riet – verkenner1945Die Hoek se nuwe hoof1946Die ysbaan van HaasburgLottie McGlyn1949’n Ridder in oneer1950Onder die kannibale
Bronnelys
Boeke Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. Skrywers en rigtings. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaansenletterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch- Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk) Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005
Ongepubliseerde dokumente Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Friedenthal, Julius Neuman – Biografie.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1887 Kategorie:Sterftes in 1959