Johan Geldenhuys (6 Augustus 1947 - 11 Januarie 2025) was ’n digter en taalpraktisyn, wat onder andere vele sakewoordeboeke saamstel.
Lewe en werk Johan Diederik Ungerer Geldenhuys is op 6 Augustus 1947 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer met sewe onderskeidings aan die Hoër Seunskool Helpmekaar. Hierna verwerf hy in 1971 ’n M.A.-graad in Engels aan die Randse Afrikaanse Universiteit met ’n verhandeling oor “The development of W.B. Yeats towards 'intellectual synthesis: a study of his use of symbols and sources”. As onderwyser gee hy klas in Engels, Latyn en Afrikaans en sedert 1979 is hy Hoof van Taaldienste vir die Nedcor-Groep. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1973 is hy met Sonnette Cecilia Briel getroud en hulle het twee kinders, ’n seun en ’n dogter.
Skryfwerk By geleentheid skryf hy Afrikaanse gedigte wat onder andere in Standpunte gepubliseer word. In Afrikaans vertaal en verwerk hyGouws, Tom “Beeld” 13 November 1995 “Sonnette van Shakespeare”Van Heerden, Ernst “Insig” November 1995 in Afrikaans. Hierdie uiters moeilike taak verrig hy met bedrewenheid, veral aangesien hy die gedigte in Afrikaans vertolk eerder as letterlik vertaal en daardeur ’n eie stempel en ’n plaaslike idioom en gees daarop afdruk. Vertalings van Shakespeare laat onvermydelik van die inhoud en seggingskrag van die oorspronklike verlore gaan, maar die verwerkings is nogtans ’n aanwins vir die Afrikaanse poësie en taal. “Taal en twak” is ’n digbundel met kwatryne waarin die draak gesteek word met taalteoretici. Sy kreatiewe werk is egter hoofsaaklik gedigte in Engels, wat aanvanklik in tydskrifte soos Standpunte en Contrast verskyn en daarna in talle digbundels gepubliseer word. Hierdie bundels sluit in “A Crossing of Gods”, “Pellucid Paradigm”, “Structured space”, “Son of the Sun” en “The Third Way”.John, Philip “Beeld” 10 Februarie 2003 “Psyspy” is ’n spioenasieriller in versvorm, terwyl “The Easter Visitor” Nel, Jo “Beeld” 5 Junie 2000en “Gospel 2000” epiese gedigte is. In samewerking met H.B. Falkena skryf hy die satiriese roman “Fool’s enterprise”, waarin die draak gesteek word met die mediese professie en veral die perverse inisiatiewe wat deur hulle besigheidsmodel geskep word. Dit is finansieel veel voordeliger wanneer mense siek is en siek bly, as wat dit is om hulle te genees. Hy skryf ook verskeie taalkundige handleidings, onder andere “Finansiële Teksvertaling” saam met E.E. Viljoen en F.W. Wolff, en versorg verskeie woordeboeke, waaronder die “Finansiële Woordeboek”. As vertaler is hy verantwoordelik vir die vertaling van “Die apokriewe evangelies”.
Publikasies JaarPublikasiesFiksie1981Fool’s enterprise (saam met H.B. Falkena)1983A Crossing of Gods1993Pellucid Paradigm1994Structured space1995Sonnette van Shakespeare1999The Easter Visitor2000Son of the Sun2002Psyspy2004The Third Way2007Gospel 20002009Taal en twakNie-fiksie1985Finansiële woordeboek Engels-Afrikaans (saam met E.E. Viljoen-Smook)1988Groot finansiële woordeboek (saam met E.E. Viljoen)1991Business dictionary / Sakewoordeboek (saam met E.E. Viljoen-Smook)1995Drietalige sakewoordeboek (saam met E.E. Viljoen-Smook en K.D.Mboweni-Marais)1998Die apokriewe evangelies2003Nuwe sakewoordeboek (saam met E.E. Viljoen-Smook)2008The write stuff (saam met D.J. Dykman en E.E. Viljoen-Smook)
Bronnelys
Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Geldenhuys,_Johan_Diederick_Ungerer Library of Congress: http://id.loc.gov/authorities/names/n82222837.html Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n82222837/
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Sterftes in 2025