Die EF 200–400mm 4L IS USM Extender 1.4× is 'n EF-passing super telefotolens wat deur Canon Inc. vervaardig word. Dit is deel van die professionele L-reeks en funksioneer met die Canon EOS-lyn van kameras. Die EF 200–400mm lens beskik oor 'n ultrasoniese motor, beeldstabilisering en weerverseëling. Dit is die eerste en enigste EF-lens met 'n ingeboude verlenger.

Geskiedenis In Februarie 2011 is aangekondig dat die EF 200–400mm 4L in ontwikkeling is, en 'n prototipe is tentoongestel by die 2011 CP+ handelskou. In November 2011 het Canon egter aangekondig dat die beskikbaarheid van die lens uitgestel is tot 'n latere, ongespesifiseerde datum. Die lens is  toe meer as 'n jaar later, in Mei 2013, vrygestel.

Ingeboude 1.4× verlenger Alhoewel dit nie die eerste lens was wat toegerus is met 'n ingeboude tele-omsetter nie, 'n eer wat behoort aan die ouer Canon FD-passing 1200mm 5.6L 1.4× lens, is die EF 200-400 die eerste met die EF-passing, en die eerste om massaproduksie te ondergaan. Die verlenger, wanneer aangeskakel is, vermeerder die lens se fokus met 'n faktor van 1.4x, terwyl dit die lensopening met 'n enkele stop verminder; die verandering maak van die lens effektief 'n 280–560mm 5.6 lens. Die verlenger word geaktiveer en gedeaktiveer deur 'n meganiese skakelaar naby aan die lens se passtuk.

Spesifikasies regs|duimnael|600x600px|Canon EF 200-400mm 4L IS USM Extender 1.4 x lens se binnekant Eienskap 4L IS USM Extender 1.4x Illustrasie →450x450px Beeldstabiliseerder Ja (4 stoppe) Weerverseëling Ja Ultrasoniese motor Ja L-reeks Ja Diffraksie Optika Nee Makro Nee Ingeboude 1.4× Verlenger JaTegniese data Maksimum lensopening 4 (5.6 met verlenger) Minimum lensopening 32 (45 met verlenger) Horisontale sighoek 10°–5°10' (7°20'–3°40' met verlenger) Vertikale sighoek 7°–3°30' (4°55'–2°25' met verlenger) Diagonale sighoek 12°–6°10' (8°50'–4°25' met verlenger) Elemente/groepe 25/20 (33/24 met verlenger) Aantal diafragmalemme 9 Kortste fokusafstand 2.0 m (6.6 vt) Maksimumvergroting 0.15x (0.21x met verlenger)Fisiese data Massa 3 620 g (7.98</span> lb) Maksimum diameter 128 mm (5.0</span> dm) Lengte 366 mm (14.4 dm) Filterdiameter 52mm invalToebehore Lenskappie ET-120 (WII) Lensdeksel E-145C Kas 200–400Kleinhandelinligting Vrygestel in Mei 2013 Aanbevole verkoopsprys VS$ 10 999.00(± ZAR 156 186.00)

Verwysings

Kategorie:Canon-lense