Joha Fourie (*1925, Bultfontein –) is ’n Afrikaanse dramaturg wat verskeie eenbedrywe en geleentheidsgedigte skryf. Sy is ook aktief in haar gemeenskap betrokke.
Lewe en werk Joha Fourie is in 1925 op Bultfontein gebore en vestig haar later op Roodepoort. Sy is betrokke by verskeie organisasies en is onder andere ’n stigterslid en eerste sekretaresse van die Afrikaanse Randse Toneelorganisasie, asook stigter en voorsitster van die Roodepoort Uitvoerende Kunste Organisasie. Sy is ook bedrywig in die gemeenskapslewe en is onder meer medestigter van die Suiderkruisfonds.
Skryfwerk As skryfster skryf sy talle geleentheidsgedigte en eenbedrywe. Haar eenbedryf Die ‘E’ sonder die strepie word deur P.J. du Toit en Temple Hauptfleisch opgeneem in die versamelbundel Voetlig I. Lede van die blommerangskikkingsklub vergader en die onderliggende verhoudings en wedywering tussen hulle word geskets. Mevrou die hoof se vrou word deur Dalro gepubliseer.
Sy skryf ook die vollengte drama Kruidjie-roer-my-nie, die ongepubliseerde eenbedrywe Die ma-fias, Constance Lingerie en Misdade van die vaders en die operette Die abnormale familie Retief.
Publikasies JaarPublikaies1986Mevrou die hoof se vrou1987Kruidjie-roer-my-nie
Bronnelys
Boeke Du Toit, P.J. en Hauptfleisch, Temple. Voetlig 1. De Jager-HAUM Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1983 Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Internet Van Heerden, Anneke LitNet: http://www.litnet.co.za/die-suiderkruisfonds-as-moreelbouer-in-die-suid-afrikaanse-samelewing-tydens-die-grensoorl/
Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge Kategorie:Geboortes in 1925