Die EF 100–400mm f/4.5–5.6 L IS USM is 'n professionele EF-passing tele zoemlens wat deur Canon Inc. vervaardig word. Die eerste weergawe van hierdie lens is in September 1998 aangekondig, en 'n opgedateerde weergawe in November 2014. Dit is 'n hoëprestasie telefotolens wat meestal vir sport- en wild/natuurfotografie gebruik word.

Krimpfaktor Wanneer dit gebruik word met 'n Canon APS-C (1.6x krimp) DSLR kamera of APS-H (1.3x krimp), is die sigveld van hierdie lens gelykstaande aan 'n 160–640mm op 'n APS-C sensor, of 130–520mm op 'n APS-H sensor. Dit is as gevolg van die krimpfaktor inherent met APS-C of APS-H sensor digitale SLR kameras.

Die eerste weergawe Ondanks die feit dat die oorspronklike weergawe uitstekende optiese prestasie gelewer het, was die ontwerp sy tyd vooruit omrede die beskikbaarheid van digitale enkellensreflekskameras eers later ontplof het. Die teleskopiese aard van die oorspronklike ontwerp beteken dat die lens vinnig kon zoem, alhoewel nie alle gebruikers van hierdie ontwerp hou nie. 

Die teleskopiese ontwerp beteken dat die lens lug insuig wanneer gezoem word van korter na langer fokuspunte. Ongelukkig, met die gebrek van iets om dit te voorkom, suig die lens ook enige stof in die lug in.Dit het aan hom die bynaam "the dust trombone" besorg. Hoewel dit nie 'n probleem oplewer wanneer dit gebruik word met kameras wat fotografiese film gebruik nie, kan die stof op die sensor van digitale kameras vestig, wat dan 'n permanente merk laat op elke daaropvolgende foto totdat dit skoongemaak word. Nuwer kameras met stofverwyderingstelsels het hierdie probleem ietwat versag.Canon 50D Owners manual - Appending Dust Delete Data (Page 149)

Merk II Die nuwe Canon EF 100-400 4.5-5.6L IS II is op 11 November 2014 aangekondig, met beskikbaarheid teen die volgende maand verwag. Onder die veranderinge van die Merk I weergawe is: Die zoemmeganisme gebruik nou 'n roterende ring (soos die meeste ander Canon zoemlense), in plaas van 'n stoot/trekstelsel. Die Merk II weergawe beskik ook oor 'n nuwe lenskappie met 'n kantvenster, wat dit moontlik maak om spesiale filters (soos polariseerders en veranderlike neutrale digtheidfilters) te verstel, sonder om die kappie te moet verwyder. Die driepootpassing kan nou verwyder word terwyl die lens aan 'n kameraliggaam geheg is.

Spesifikasies Eienskap 4.5–5.6L IS USM 4.5–5.6L IS II USM Illustrasie →150x150px225x225pxSleuteleienskappe Volraam-verenigbaarJaJa BeeldstabiliseerderJaJa Ultrasoniese MotorJaJa Stapmotor Nee Nee L-reeksJaJa Omgewingsverseëling NeeJa Diffraksie Optika Nee Nee Makro Nee Nee Stoot/trek zoemJa NeeTegniese data Lensopening (maks-min) 4.5–5.6 tot 32-38 4.5–5.6 tot 32-40 Konstruksie 14 groepe / 17 elemente 16 groepe / 21 elemente Aantal diafragmalemme 8 9 Kortste fokusafstand 5.9 vt / 1.8 m 3.2 vt / 0.98 m Maksimumvergroting 0.2x 0.31x Horisontale sighoek 20°–5°10' Vertikale sighoek 14°–3°30' Diagonale sighoek 24°–6°10'Fisiese data Massa 1380 g / 3.1 lb 1570 g / 3.46 lb Maksimum diameter 92 mm / 3.6 dm 94 mm / 3.7 dm Lengte 189 mm / 7.4 dm 193 mm / 7.6 dm Filterdiameter 77 mm Bybehore Lenskappie ET 83C ET 83D Kas LZ1324 LZ1326Kleinhandelinligting Vrygestel in September 1998 November 2014 ± Verkoopsprys in VS$$1,699$2,199

Verwysings

Kategorie:Canon-lense