Johannes van der Walt (30 Mei 1984 – 6 November 2005) was 'n Afrikaanse sanger en toneelspeler. Hy is op 21-jarige ouderdom in 'n motorongeluk oorlede nadat hy vanaf 'n vertoning in Centurion na sy tuisdorp Brits bestuur het.In nagedagtenis aan Johannes van der Walt, samusic.co.za, besoek op 2 April 2010. Van der Walt se eerste album, Versoeking, is drie weke voor sy dood uitgereik. Hy was 'n eerstejaar dramastudent aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie en het as sanger gereeld deur die land getoer. Sy enkelsnit, Kruidjie-roer-my-nie is gereeld op radiostasies en televisie gespeel.Opkomende sanger sterf in padongeluk, Beeld, 8 November 2005.
Diskografie Versoening, 2005 STING
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici