duimnael|Ligging van Suid-Afrika in Suider-Afrika duimnael|Satellietbeeld van Suid-Afrika duimnael|Topografiese kaart van Suid-Afrika
Suid-Afrika beslaan die suidelike punt van Afrika, met 'n kuslyn van meer as 2 500 kilometer (1 600 myl). Dit strek suidwaarts van die woestyngrens met Namibië aan die Atlantiese oseaan (weskus), om die punt van Afrika en dan noordoos tot by die grens met Mosambiek aan die Indiese Oseaan. Die laagliggende kusstreek is smal vir 'n groot deel van daardie afstand, en dit verander na 'n bergagtige platorand (Groot Platorand) wat die kus skei van die hoë binnelandse plato. Op sommige plekke, veral in die provinsie van KwaZulu-Natal in die ooste, is die afstand tussen die kus en die platorand groter. Hoewel die meeste van die land as semi-droog geklassifiseer word, het dit 'n aansienlike variasie in klimaat sowel as topografie.
Die Suid-Afrikaanse sentrale plato bevat enkele groot riviere: die Limpoporivier (waarvan 'n gedeelte ook aan Zimbabwe grens) die Oranjerivier (met sy grootste sytak, die Vaalrivier) wat met 'n veranderlike vloei loop oor die sentrale landskap van oos na wes en uitmond in die Atlantiese Oseaan aan die Namibiese grens.
Die oostelike en suidelike kusgebiede word gedreineer deur talle korter riviere. Daar is baie min kusriviere langs die dorre weskus, noord van 31°30'S.
In so 'n droë land is damme en besproeiing uiters belangrik. Die grootste dam is die Gariep in die Oranjerivier.
Topografiese Afdelings duimnael|links|Die Suid-Afrikaanse Sentrale Plato omsoom deur die Groot Platorand Soos baie van die vasteland van Afrika suid van die Sahara word Suid-Afrika se landskap oorheers deur 'n hoë Sentrale Plato, omring deur kuslaaglande. Hierdie plato is omsoom deur die Groot Platorand wat noordwaarts strek tot sowat 10° suid van die ewenaar (d.w.s. in Angola in die weste en Zambië in die ooste).
Die Groot Platorand In Suid-Afrika is die plato op sy hoogste in die ooste waar die rand wissel in hoogte tussen 2 000 m en 3 300 m. Soos die land skerp daal tot die kusvlakte, vorm hierdie rand van die plato 'n baie hoë, steil eskarp of platorand, bekend as die Drakensberge. Die suid- en wesmate van die platorand is nie so hoog soos die Drakensberge nie, maar is ook bekend deur 'n verskeidenheid plaaslike name, almal "berge" genoem, ten spyte van die feit dat dit deel is van 'n platorand waarvan die top die sentrale plato is. Vanaf die kusvlakte lyk die platorand egter soos 'n verskeidenheid berge, vandaar die name.
duimnael|800px|Panorama van die Giant's Castlestreek van die Drakensberge, die grootste gedeelte van die Groot Platorand. Hier is die platorand bedek met 'n 1 400 m dik laag erosiebestande lawa, wat 182 miljoen jaar gelede die grootste deel van Suid-Afrika bedek het. 'n Klein oorblyfsel van hierdie lawalaag het op die plato oorgebly, wat net 'n deel van Lesotho bedek en verantwoordelik is vir die Groot Platorand se geweldige hoogte op die Lesotho/KwaZulu-Natalgrens. Die gedeelte van die Groot Platorand wat aangewys kan word as 'n "berg" is waar dit deel vorm van die internasionale grens tussen KwaZulu-Natal en Lesotho. Die Lesotho-hoogland vorm 'n gelokaliseerde hoë plek op die Sentrale Plato. Dit is omdat dit beperk is deur 'n 1 400 m dik laag erosiebestande lawa Geological Map of South Africa, Lesotho and Swaziland. (1970). wat opgewel en versprei het oor die grootste deel van Suid-Afrika toe dit nog deel was van Gondwana.McCarthy t. Die meeste lawa het wegverweer saam met 'n laag van die paar kilometer dik Karoo sedimentêre rotse waarop die lawa 182 miljoen jaar gelede uitgestort is. Net 'n klein stukkie van hierdie lawa het oorgebly en dek ‘n groot deel van Lesotho. Dit is diep verweer deur die sytakke van die Oranjerivier wat hierdie hooglande dreineer in die rigting van die suidweste (weg van die platorand). Dit gee aan hierdie hoë streek 'n baie ruwe, bergagtige voorkoms.
Die sentrale plato duimnael|links|'n Geskatte SW-NO deursnit deur Suid-Afrika met die Kaapse Skiereiland (met Tafelberg) op die linkerkant en die noordoostelike KwaZulu-Natal op die regterkant. (Diagrammaties en net min of meer op skaal.) Dit toon die groot geologiese strukture (gekleurde lae) wat die suidelike en oostelike dele van die land oorheers, sowel as die verhouding tussen die sentrale plato, die Kaapse plooigebergtes, en die Drakensbergplatorand. Die betekenis en oorsprong van die geologiese lae kan gevind word onder die opskrifte "Karoo Supergroep" en "Kaapse Supergroep”. duimnael|'n Diagrammatiese 400 km noord-suid deursnit deur die suidelike gedeelte van die land naby Calitzdorp in die Klein Karoo (ongeveer 21°30'O), wat die verhouding tussen die Kaapse plooigebergte (met hulle geologiese struktuur) en die geologie van die Klein en Groot Karoo, sowel as die posisie van die Groot Platorand wys. Die kleurkode vir die geologiese lae is dieselfde as dié wat gebruik word in die diagram op die linkerkant. Die swaar swart lyn met opponerende pyle weerskante is die breuk wat vir byna 300 km langs die suidelike rand van die Swartbergberge loop. Die Swartbergreeks het dele van sy groot hoogtes te danke aan hierdie foutlyn. Die ondergrondse strukture is nie op skaal nie. duimnael|Belangrike geografiese streke in Suid-Afrika. Die dik lyn volg die roete van die Groot Platorand wat die sentrale plato begrens. Die oostelike gedeelte van hierdie lyn, rooi gekleur, is bekend as die Drakensberge. Die Platorand styg tot sy hoogste punt, meer as 3 000 m, waar die Drakensberge die grens vorm tussen KwaZulu-Natal en Lesotho. Nie een van die streke op die kaart het skerp, goedgedefinieerde grense nie, behalwe waar die Platorand of 'n bergreeks 'n duidelike skeidslyn vorm tussen die twee streke. Sommige van die meer bekende streke is ingekleur; die ander is bloot aangedui deur hul name, soos in 'n atlas. Die sentrale plato (afgesien van die Lesotho-hoogland) vorm 'n grootliks plat, skuins oppervlak wat, soos hierbo aangedui, op sy hoogste is in die ooste, en daal na die weste (ongeveer 1 000 m bo seevlak). Die afwaartse helling na die suide is minder prominent (die suid- en suidwestelike rand van die plato is ongeveer 1 600-1 900 m bo seevlak). Die plato se helling is ook afwaarts, noord oor die 25°30'S breedtegraad, tot in 'n 150‑miljoen-jaar-oue vlak skeurvallei. Hierdie skeurvallei sny in die sentrale plato in en wis die Groot EskarpMcCarthy t.McCarthy, T.S. (2013) The Okavango delta and its place in the geomorphological evolution of Southern Africa. uit, om wat vandag bekend staan as die Limpopo-laeveld, 500–1640 m bo seevlak, te vorm. Die riviere wat die plato dreineer vloei daarom wes, om via die Oranjerivier in die Atlantiese Oseaan uit te mond. Noord van die Witwatersrand, waar die helling van die grond noordwaarts begin, is die dreinering in die Limpoporivier en van daar in die Indiese Oseaan.
Die kusvlakte Die kusvlakte wissel in breedte van ongeveer 60 km in die noordweste na meer as 250 km in die noordooste en daal geleidelik vanaf die voet van die platorand na die kus. Talle kleiner riviere dreineer die gebied en hulle word meer in KwaZulu-Natal en die oostelike Middelland waar hulle aan die nat hange van die hoë platorand ontstaan. In die weste is daar baie min sulke riviere as gevolg van die dorheid van die streek.
Die Kaapse plooigebergtes duimnael|Geplooide rotsformasies van die Swartberg. Hierdie uiterste voue is kenmerkend van al die Kaapse plooigebergtes In die suide en suidweste van die kusvlakte loop 'n opeenvolging van bergreekse parallel met die kuslyn. Hierdie is die Kaapse plooigebergtes, wat 510–350 miljoen jaar gelede ontstaan het en toe opgefrommel is in 'n reeks van parallelle voue deur die botsing van die Falklandplato met die suidelike deel waaruit Afrika ontstaan het toe dit deel was van Gondwana. Hierdie reeks van parallelle voue is in die vorm van 'n "L", met die westelike gedeelte wat noord-suid loop, en die oostelike gedeelte wat oos-wes loop vir 'n totale lengte van sowat 800 km. Die hoek van die "L" is in die suidwestelike hoek van die land, binnelands van die kus van die Kaapse Skiereiland en Kaapstad. Hierdie voue lê langs die kus in die suide en is ongeveer 100 km breed vir die grootste deel. In die weste is hulle geskei van die kus deur 'n duidelike kusvlakte (sien kaart regs bo).
Die oppervlaktes van die lang valleie tussen die parallelle berge wissel. Hulle bestaan uit vrugbare grond wat verweerde modderklip bevat en maak deel uit van die Bokkeveldberge van die Kaapse Supergroepberge. Dis in teenstelling met die voedingstof-arm, sanderige grond van die kwartsagtige sandsteenberge en die sykante van die dale. Die reënval is oor die algemeen laag en die landskap is semi-droog tot droog (byvoorbeeld die Klein-Karoo). Die landbou, wat wynbou en sagtevrugte verbouing insluit, hang daarom af van besproeiing uit riviere wat in die berge ontspring wat dikwels gedurende die winter bedek is met sneeu. Die Klein Karoo is bekend vir sy volstruisboerdery wat aanvanklik, in die laat 1800's, vir hul vere geteel is. Vandag is volstruisleer en maer volstruisvleis, wat baie gesond is, baie gesog.
Die Kaapse plooigebergtes word geskei van die Groot Platorand deur 'n 100–150 km wye vlakte bekend as die Laer Karoo (nie te verwar met die Klein-Karoo nie) op 'n hoogte van sowat 600–800 m bo seevlak. Geologies en geografies is die Kaapse plooigebergtes en die Groot Platorand baie verskillende en onafhanklike entiteite.
Die kuslyn Suid-Afrika se kuslyn is opvallend eweredig, met baie min natuurlike hawens. Die rede hiervoor is dat Suider-Afrika voortdurend opgestoot is vir die afgelope 180 miljoen jaar, en veral gedurende die afgelope 20 miljoen jaar. Die huidige kuslyn is dus weer deel van die onderwater kontinentale gelykte, wat baie min diep klowe bevat, (in teenstelling met 'n kuslyn soos byvoorbeeld Noorweë, wat geneig is om diep ingekeep te word waar die see ou rivierklowe en glasiale dale oorstroom).
Suid-Afrika is - in verhouding tot sy lang kuslyn van meer as 3 000 km - maar swak bedeel met eilande. Daar is altesaam 22 van hulle wat in grootte wissel van 0,1 tot 780 hektaar. Ses eilande is sowat een hektaar groot, sewe van een tot tien hektaar, sewe van tien tot vyftig hektaar, en twee groter as 100 hektaar.Rod Randall: Seevoëls van die Kaapse eilande. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 30, nommer 4, April 1985, bl. 49
Die eilande lê uitsluitlik om die kus van Kaapland versprei en is gekonsentreer by Algoabaai aan die Kaapse Ooskus, Kaap Agulhas aan die Suidkus en Saldanhabaai aan die Weskus. Suid-Afrika se eilande is 'n toevlug vir duisende seevoëls wat hier ongesteurd van roofsoogdiere op die vasteland kan broei.
Plaaslike verdeling Die Hoëveld duimnael|Die Hoëveld in die winter in Gauteng, noord van Johannesburg. Die heuwels in die agtergrond is die Magaliesbergreeks, wat oor die algemeen beskou word as die plaaslike noordelike grens van die Hoëveld, met die Bosveld aangrensend.