duimnael|regs|180px|Nerina Ferreira, omstreeks 1962.

Nerina Ferreira (1921–2012) was 'n Afrikaanse aktrise en vertaler van meer as honderd letterkundige werke in Afrikaans.

Lewe en werk Nerina Helene du Toit is in Seepunt in Kaapstad gebore as die dogter van die oogarts dr. J.S. du Toit en Emmie Steyn (12 Januarie 1898 – 27 September 1997), die jongste dogter van president M.T. Steyn en sy vrou, Rachel, algemeen bekend as Tibbie. Nerina het twee susters en ’n broer, maar die broer is op tienjarige ouderdom oorlede. Haar skoolopleiding ontvang sy in Kaapstad aan die Laerskool Jan van Riebeeck en in die Paarl aan die Hoër Meisieskool La Rochelle. Op sestienjarige ouderdom begin sy studeer aan die Universiteit van Kaapstad, waar sy ’n M.A.-graad in Afrikaans behaal. Hierna leer sy tik en snelskrif aan en word ’n joernalis. Na die Tweede Wêreldoorlog is sy na Engeland, waar sy aan die London Foot Hospital haar bekwaam as ’n voetheelkundige. In Londen saai sy vir die uit. Terug in Kaapstad gee sy klas by privaat skole, bedryf in die middag haar voetheelkunde-praktyk en speel toneel in die aand. Haar betrokkenheid by die teater begin toevallig wanneer sy een aand by die Klein Teater in die Kompanjiestuin in Kaapstad verbyloop en gaan kyk wat daar aangaan. Dit was die Kaapstadse Afrikaanse Toneelgeselskap wat met repetisies besig was en hulle bied haar daardie aand haar eerste rol aan. Later word sy aktrise van beroep en sluit in 1965 heeltyds by Kruik (die Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste) aan.

Sy tree in verskeie toneelstukke op, waarna sy ook ’n bekende regisseur word. Dit is veral in komiese rolle waarin sy uitblink en van die toneelstukke waarin sy speel sluit in “Hond se gedagte”, “Soetwater se mense”, “Die ryk weduwee”, “Ons hou konsert”, “Anastasia”, “Cyrano de Bergerac”, “Dokter teen wil en dank”, “Die proponentjie”, “Richard III”, “Tartuffe”, “A flea in her ear” en “Die dame met die Kamelias”. Rolprente waarin sy rolle vertolk sluit in “Die spook van donkergat”, “Next stop Makouvlei”, “Dingetjie en Idi”, “My liedjie van verlange”, “Die troudag van Tant Ralie” en “Eendag op ’n reëndag”. Sy neem ook deel aan verskeie programme vir die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), onder meer aan “Kaapse Kaperjolle”, waarvoor sy vir langer as ’n jaar die teks skryf. Ander radioprogramme waaraan sy deelneem sluit in “Die Kaap is Hollands” en “Praat van die duiwel”. As aktrise vertolk sy ook talle rolle vir die radio, onder meer in die radiodrama “Blindemol” van Chris Barnard, terwyl sy ook per geleentheid rolle op televisie vertolk, onder andere in die televisiereeks “Geraldina die tweede”. Vir die SAUK vertaal sy ook baie programme. Sy is kortstondig getroud met dr. A.B. Ferreira, op sy dag hoof van die Departement Oogkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, ’n huwelik waaruit ’n seun, Anton, gebore word. Anton word later narkotiseur vir die hartspan in Kaapstad. Sy woon in ’n woonstel in Groenpunt in Kaapstad. Na ’n langdurige siekte word sy in April 2012 na die hoësorgeenheid van Palm Garden in Seepunt verskuif. Hier is sy op 11 Junie 2012 oorlede.

Skryfwerk Haar hoorspel “Eva se Krismiskat” word opgeneem in die versamelbundel “Debuut”, wat versorg is deur Ciska en Francois Marais. Dit is ’n blyspel wat die lief en leed van alledaagse mense as tema het en is op versoek spesiaal vir Oujaar geskryf.

Sy vertaal verskeie boeke in Afrikaans, onder andere “Pippie Langkous” van Astrid Lindgren, “Waar die waters slaap” van Angela C. Ionescu en ook werke van Shakespeare en Ibsen. Haar vertaling van Feydeau se drama “A flea in her ear” as “Hond se gedagte” is deel van die openingsaanbiedinge by die Nico Malanteater (nou Kunstekaap) in Kaapstad. Sy vertaal meer as vyftig dramas in Afrikaans (waaronder “Amadeus” van Peter Shaffer, “Die tou” van Aristophanes en “Begeerte”, Eugene O’Neill se “Desire under the elms”) en vertaal ook operas, waaronder Otto Nicolai se “Die vrolike vroue van Windsor”. Haar vertaling van Marguerite Poland se “Die vuurkoolsterre” en Paul Biegel se “Die rooi prinses” word in onderskeidelik 1984 en 1992 eervol vermeld tydens die toekenning van die C.P. Hoogenhout-prys.Le Roux, Marina “Die Burger” 5 April 1994 Sy is vele tale magtig, wat benewens Afrikaans en Engels insluit Duits, Esperanto, Fins, Frans, Hongaars, Italiaans, Nederlands, Noors, Portugees, Spaans, Sweeds en Yslands.

Eerbewyse In 1992 word sy met die Fleur du Cap Lewenslange Toekenning vereer vir haar bydrae tot die toneelbedryf. By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 2006 word sy met ’n Afrikaans Onbeperk Kanna bekroon vir haar lewensbydrae tot Afrikaans, terwyl haar vertaling van Eugene O’Neill se “Desire under the elms” (“Begeerte”) die prys vir beste aanbieding op dieselfde fees wen. Margot Luyt stel ’n hoorbeeld van haar op, wat in 2012 onder die titel “Nerina Ferreira 90” uitgesaai word.

Publikasies JaarPublikasiesVertalingss.jDon dinges met die groen broek – Tiros de MolinaDie huweliksaansoek – Anton Tsjecho1962Karelsen vlieg weer – Astrid Lindgren1964Klein Anna maak ’n rommelhoop – Inger Sandberg1967Drie bokramme gaan berg-op – Peter AsbjørnsenEendag was daar nie en tog was daar – Virginia A. Tashjian1968Albert – Ole Lund KirkegaardDie blinde miere – Ramiro Pinilla1969Delf dan ons graf: Die verhaal van die Morset-familie – Per HanssonTwee rand trek – Sean O’Casey1970Jakob en Joakim – Jørgen ClevinPietie Pedaal se ruimtereis – H.A. ReyRook – Ib Spang Olsen1971Agterstevoorland – Arne UngermannHond se gedagte – Georges FeydeauStorietyd vir kleuters – Richard Scarry1972Emil die kwajong – Astrid LindgrenErns in luim – Oscar WildeFaan se ballonvaart – Reiner ZimnikFaan se ballonvaart – Reiner ZimnikMartiens en die kersieboom – Palle BregnhøiNatuurlik kan Lotta fietsry – Astrid LindgrenPippie Langkous – Astrid LindgrenPippie Langkous gaan aan boord – Astrid LindgrenDie son skyn snags – Reidar Johan BerleTrane – Peter Brenner1973Die geheime wapen – HergéDie menseland – Franz BerlinerMy eerste avontuurboek – Michel DuplaixVlug 714 – Hergé1974Die brandweerkat – Esther Holden AverillHansie en Grietjie – Jacob GrimmJakob en Joakim hou somervakansie – Jørgen ClevinJoggem die straatveër – Kurt BaumannRooi Vos en sy kano – Nathaniel BenchleySakkepakke: die merkwaardige verhaal van ’n lokomotiefie – Peter NickiDie Vuurberg – Thomas P. Lewis1975Dwerg Langneus – Wilhelm LauffJoggem die konstabel – Kurt BaumannKlein Anna en die toorhoed – Inger SandbergNaas en die skoenlapper – Klaus BornPippie Langkous in die Suidsee – Astrid LindgrenDie seeboemelaars – Paul BernaDie slaaphond en die waghond – Kurt BaumannSpoke eet nie suurkool nie – Gina Rick-PauquètTwee donkies en ’n brug – Ralph SteadmannVuur van die wyse manne – L.N. LavolleWat Anna gesien het – Inger Sandberg1976Hel van die orgideë – Huguette Pirrotte1977Jeugteater 1: Petronella – Philip Clark; Sondag kos vyf pesos – JosefinaNiggli; Die huweliksaansoek – Anton Tsjechof; Die knaap kom huis toe –A.A. Milne; Die snobs – E. Temple ThurstonJeugteater 2: Die koopman se beloning – G.R. Crosher; Die vyf brode- G.R. Crosher; Die tweegeveg – Thomas Cain; Die klein engeltjie – John

Haddon; Sir Clotten en die draak – C.V. BurgessDie kattekwaad van Emil – Astrid LindgrenDie klein lokomotiefie – Ib Spang OlsenMy dienstyd by die bergtrol – Ib Spang OlsenDie streke van Emil – Astrid Lindgren1978Heidi: die ongeluk – Johanna SpyriKarelsen vlieg weer – Astrid LindgrenDie nisse van Timsgaard – Ib Spang OlsenRasmus en die swaardslukker – Astrid Lindgren1979Die wêreld se beste Karelsen – Astrid Lindgren1980Ek wil ook skool toe gaan – Astrid Lindgren1981Waar die water slaap – Angela C. IonescuEmil die tandedokter – Astrid LindgrenKlein Wikus se kersavontuur – Viktor RydbergMamma en die wilde baba – Barbro LindgrenNatuurlik kan Lotta alles doen – Astrid Lindgren1981Marlien en die seun met die mis – Birgitta BergmanRobert die visser – Hans BrunnerTromgeroffel – Karl-Aage SchwarzkopfDie verlore parkiet – Eva Stålsjö1983Bullerby se kinders – Astrid LindgrenEk wil ook boeties en sussies hê – Astrid LindgrenLiewe klein varkie – Ulf Nilsson1984Reën – Peter Spier1985Die voorbarige kraai – Ulf Nilsson1986Die drakie met die rooi oë – Astrid LindgrenDie klein kleibulletjie – Marguerite PolandSungura se toutrekkery – Lesley Whitwell1987Die kat wat alleen geloop het – Rudyard KiplingDie krap wat met die see gespeel het – Rudyard KiplingDie seun met twee skaduwees – Margaret Mahy1988Hoe die kameel sy boggel gekry het – Rudyard KiplingHoe die renoster sy vel gekry het – Rudyard KiplingHoe die walvis sy keel gekry het – Rudyard KiplingNoag se ark – Gertrud Fussenegger1989Drie hoede op mekaar – Laura GeringerEddie se geheim – Saviour Pirott’n Stuk of tien – John YeomanVlieg- – Nigel Gray1991Die Rooi Prinses – Paul Biegel1992Towertyd: vyf verhale deur vyf meesters – Gennadij Spirin1993Effe minder as die engele – Geraldine McCaughrean2000Don Juan of Die liefde vir Meetkunde – Max Frischi

Bronnelys

Boeke Marais, Francois en Marais, Ciska (samestellers) “Debuut” Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1966

Tydskrifte en koerante Booyens, Hannelie “Formidabele Nerina se lewe lees soos ’n roman” “Die Burger” 10 Augustus 2002 Botha, Amanda “Ikoon uit teater se ‘goue era’ is 90” “Beeld” 10 September 2011 Nieuwoudt, Stephanie “Uit haar dop gekruip” “Plus” 22 November 2007 Van Deventer, Linda “Vertaler het al 13 tale gepak” “Die Burger” 23 Februarie 1982 Van Wyk, Pauli “Pippie Langkous se Afrikaanse ‘ma’ sterf” “Beeld” 12 Junie 2012

Internet Booyens, Hannelie Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2002/08/17/3/1.html Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Nerina_Ferreira Imdb: http://www.imdb.com/name/nm5244570/ Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AFerreira%2C+Nerina.&qt=hot_author

Verwysings 

Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse vertalers Kategorie:Alumni van Hoër Meisieskool La Rochelle