Annette Mocke is die skrywersnaam van Anna Magdalena Barnard (1914–1998). Sy was 'n Afrikaanse skrywer van liefdesromans en verskeie romans oor die Anglo-Boereoorlog en was 'n suster van die digter S. Ignatius Mocke.
Lewe en werk Anna Magdalena (Annette) Mocke is op 23 Januarie 1914 op Frankfort in die Vrystaat gebore. Sy was een van nege kinders van Ernst Jacobus Mocke (1881–1956) en Petronella Susanna Maria Potgieter (1883–1963).Geni-webwerf: https://www.geni.com/people/Anna-Magdalena-Barnard/6000000034204890145 Sy het vier broers en vier susters gehad. Een van haar broers was die digter S. Ignatius Mocke. Sy trou met Jacobus Barnard en hulle het vyf kinders (Paul, Marieta, Annette, Mariana en Errie). Op 29 Julie 1998 is sy in Randburg oorlede.Artikel in Beeld van 31 Julie 1998
Skryfwerk Baie van haar kortverhale verskyn in Die Brandwag. Sy skryf 25 oorlog- en liefdesromans. In “Brood op die water” sien mense neer op Lena Scheepers omdat sy van Blikkiesdorp af kom. Sy skep vir haar ’n alternatiewe persoonlikheid en word die geheimsinnige Irene Vorster wat duisende bewonderaars het. Dan verskyn iemand in haar lewe vir wie sy nie geheime kan wegsteek nie. “Uit duisende lewens” is ’n kortverhaalbundel.
Publikasies JaarPublikasies1943Die gemaskerde ruiter1944Hy was ’n kneg1945Boodskap uit die nagDie roepstem van Libanon1946Agter die newelsGeheime tussenspel1947Amanda van KarelskloofKlatergoud1949DryfsandVerdiende erfenis1950Uit duisende lewens1951Elizabeth in die GoudstadFerdinand Martyn1952Onsigbare bande1953Offervreugde1954Die vallei van blou blomme1955Brood op die water
Bronnelys
Tydskrifte en koerante Anoniem “Het jy gehoor?” “Beeld” 31 Julie 1998
Internet Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1998/07/31/4/26.html Geni: https://www.geni.com/people/Anna-Magdalena-Barnard/6000000034204890145 Geni: https://www.geni.com/people/Annette-Barnard/4399813331280019476 Lizmar Boeke: http://www.lizmarboeke.co.za/Skrywers/MOCKE--Annette/mocke--annette.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AMocke%2C+Annette.&qt=hot_author
Ander verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1998