Marion Erskine is ’n Afrikaanse skrywer van romans, jeugromans en radiodramas. Hy word in 2024 aangewys as die wenner van die 28ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie en in Maart 2025 word hy aangewys as die Smaakmaker - Kategorie 5: Boeke.
Lewe en werk Marion Erskine is in Randfontein gebore en gaan skool in Westonaria. Nadat hy sy B.A.-graad in 1998 en Hoër Onderwysdiploma aan die Noordwes-Universiteit behaal, reis hy deur die Verenigde State van Amerika. In 2001 keer hy as onderwyser terug na Suid-Afrika, maar spandeer dan ses jaar in Taiwan, waar hy onderwys in Engels gee aan die plaaslike gemeenskap. In 2008 verhuis hy na Aboe Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate, waar hy werk as adviserende dosent in ’n nasionale skoolhervormingsprojek. In 2014 begin hy by Emirates Lugredery werk as 'n Leer en Ontwikkelingspesialis.
Deesdae woon Marion in Frankryk waar hy steeds kreatief is en aan nuwe projekte werk.
Skryfwerk In Februarie 2007 verskyn Marion se koffietafel-boek "Afro-dizzy-act: A potent adventure of a foreigner in Taiwan" in Engels en as 馬力歐帶你瘋台灣 in Manderyns. Die boek vergelyk hoe die Verre Ooste met die Weste verskil op 'n komiese manier. "Afro-dizzy-act" word dan ook benoem as een van die Top 100 boeke in Taiwan in dieselfde jaar.
Ook in 2007 verskyn sy debutroman “Oos”,Steyn-Bezuidenhout, Christe: Maroela Media, 23 Maart 2025, Marion Erskine skep oase vir boekwurms ’n naaswenner in die Ek-is-'n-skrywer-kompetisie by Human & Rousseau uitgewers. Dit vertel die verhaal van ’n Suid-Afrikaner wat uitwyk na Taiwan om die Oosterlinge Engels te leer, maar op hierdie eiland ontdek dat jy nie van jouself kan weghardloop nie. In 2010 word Netwerk24, Die Burger: 13 Maart 2025 - By My Lees: Marion Erskine “Donatello en Volksie” ’n chick-lit roman uitgegee. Zoë Zietsman is ’n onafhanklike stadsmeisie,Esterhuizen, Surene: “Litnet”. 10 Maart 2025, Ek is die rykste mense in die wêreld wat saam met haar gay vriend Jan-Hendrik in Johannesburg woon. Zoë gee vir swanger vroue jogaklasse, glo in karma, meng haar Afrikaans met Engels en het geen wag voor haar mond nie. Op Oujaarsaand soek sy onder haar noemnaam Volksie geselskap in ’n internet-kletskamer en ontmoet vir Donatello of eintlik Anton Badenhorst, ’n stywerige Afrikaanse prokureur wat nie sy taal meng nie en duidelik wêrelde van haar verskil. Die gevolge is dikwels baie humoristies.
Sy radiodrama, “As die donker die son insluk”, word op 15 Mei 2014 deur Radio Sonder Grense uitgesaai. In ’n klein plattelandse gemeenskap leef die mense reeds vir lank saam met hulle eie wroegings en geheime. Wanneer ’n tornado die area tref, word hulle tot selfondersoek en samewerking gedwing, waarna vergifnis en ’n beter toekoms volg. Margo Luyt wen ook die ATKV-Mediaveertjie vir hierdie drama se regie op 9 Mei 2015.
Op 3 Desember 2015 word “Hashtag hasepad” oor Radiosondergrense uitgesaai. ’n Mooi jong kelnerin kan dit nie glo wanneer die man van haar drome die restaurant waar sy werk besoek nie. Sy bedien hom vriendelik en hulle begin gesels. Sy vertel hom van haar drome om verder te studeer, te reis en iets betekenisvol te maak van haar lewe. Hierdie gesprek sit ’n omwenteling in haar lewe aan die gang.
Op 26 Mei 2016 hou "Siembamba" luisteraars vasgenael voor die radio met sy eerste sielkundige riller. Die agtjarige Elri is haar ouers, Bertus en Rentia, se enigste kind en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen. Maar Bertus en Rentia weier om te aanvaar dat hul huwelik op die rotse is en op 'n heel eienaardige manier bevind Elri haar in die middel van hierdie stryd. "Siembamba" word ook ook genomineer vir 'n ATKV-Mediaveertjie in 2017 vir beste dramateks.
In Mei 2017 sien die jeugroman "Vlerke vir Almal" die lig. Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool nadat sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer sin maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. Totdat hy en sy nuwe groep vriende besluit: genoeg is genoeg. Marion wen ook in 2018 'n ATKV Woordveertjie vir hierdie jeugroman.
Op 7 Desember 2017 word die riller radiodrama "Akwarius" uitgesaai op RSG. ’n Wrede reeksmoordenaar wat sy vroulike slagoffers nadoods in meerminne omskep, teister Johannesburg en omstreke. Die net om die gevreesde misdadiger trek al nouer, totdat een van die lede van die ondersoekspan ’n skokkende onthulling maak wanneer dit reeds te laat is. Die drama maak skoonskip in 2018 en wen die ATKV Mediaveertjie vir beste regie en teks.
In September 2020 verskyn Bruidzilla.https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802294 Tillie se beste vriendin Milanka ís moeilik, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar baie beteken. Maar sy’t nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie … Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, kom Tillie agter iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster-mondering?
Publikasies JaarPublikasiesUitgewer2007Afro-dizzy-act: A potent adventure of a foreigner in Taiwan (馬力歐帶你瘋台灣)Metro books2007OosHuman & Rousseau2010Donatello en VolksieTafelberg2017Vlerke vir AlmalHuman & Rousseau2020BruidzillaQueillerie
Radiodramas +JaarRadiodramaUitsaaidatum2014As die donker die son insluk15 Mei 20142014Hashtag Hasepad3 Des 20152016Siembamba26 Mei 20162017Akwarius7 Des 2017
Toekennings ATKV Mediaveertjie - Beste teks vir 'n radiodrama of -teater
2018: Akwarius
ATKV Woordveertjie - Kinderboektoekennings Selfleeskategorie: Graad 8 - 10
2018: Vlerke vir Almal Smaakmaker 2025 - Kategorie 5: Boeke en Afrikaanse Literatuur met NB-Uitgewers en Rapport Lekkerleesboekrak - Marion Erksine
Lekkerleesboekrak In 2007 begin Marion die Lekkerleesboekrak groep op Facebook met die intensie om boeke wat lekker lees te deel met Afrikaanse lesers. Hy voel ook dat daar is reuse gaping tussen die lesers en hulle skrywers en uitgewers bestaan en nooi een vir een skrywer en uitgewer uit om by die groep aan te sluit. Lesers kan direk vrae rig aan die skrywers en kry soms binne minute terugvoer van die skrywer. Uitgewers gebruik ook die groep om informasie in te samel oor wat lesers meer en minder van wil sien. Januarie 2024 het Lekkerleesboekrak op 11 600 lede gestaan. Dit maak dit die grootste sosiale boekegroep in Afrikaans.
Bronnelys
Internet LitNet: http://www.litnet.co.za/author/marion-erskine/ NB-Uitgewers: https://www.nb.co.za/
Artikels en Onderhoude Steyn-Bezuidenhout, Christa: Maroela Media, 23 Maart 2025, Marion Erskine skep oase vir boekwurms Netwerk24, Die Burger, 13 Maart 2025, By My Lees, Marion Erskine Opperman,AJ, "Netwerk24", 17 Februarie 2025, Erskine skryf 'n liefdesbrief aan die Wes-Rand in sy nuwe roman Esterhuizen, Surene: “Litnet”. 10 Maart 2025, Ek is die rykste mense in die wêreld Opperman, AJ, "Netwerk24", 13 Desember 2024, Radiodrama-wenner glo jy moet nooit ophou droom nie Steyn-Bezuidenhout, Christa: Maroela Media, 10 Desember 2024, Bekende skrywer wen radiodramakompetisie
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers