duimnael|regs|200px|Elizabeth du Toit, omstreeks 1949.
Elizabeth C.M. du Toit (2 Januarie 1925, Zastron – 1964, VSA) was ’n Afrikaanse digteres en skryfster. Sy was die dogter van dr. S.J. du Toit, eweneens ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk
Herkoms en opleiding Elizabeth Catharina Maria du Toit is op 2 Januarie 1925 op Zastron in die Vrystaat gebore. Haar vader was dr. S.J. du Toit, wat hoofinspekteur van onderwys in die Vrystaat was, en haar moeder is Miemie du Toit, wat self ook skrywer was. Haar ouers noem haar Prutske en sy is onder hierdie naam by haar vriende bekend. Sy word groot op Dealesville en gaan skool op Frankfort en aan die Sentraal Hoërskool in Bloemfontein, waar sy in 1940 op vyftienjarige ouderdom met onderskeiding matrikuleer. Sy studeer vanaf 1941 verder aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en behaal in 1943 die B.Sc.-graad met lof, met hoofvakke Sielkunde en Wiskunde. Die Universiteit van Suid-Afrika ken op grond hiervan ’n merietebeurs aan haar toe. Sy sit haar studies voort aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1945 die M.A.-graad in Sielkunde met lof.
Loopbaan en lewe oorsee duimnael|240px|Elizabeth (Prutske) du Toit. Hierna neem sy vir agtien maande ’n betrekking as lektrise in Sielkunde aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat. Die Nasionale Personeelnavorsingsburo in Johannesburg neem haar hierna in diens en sy werk hier vir ’n jaar onder direksie van dr. S Biesheuvel. Die Wetenskaplike- en Nywerheidsnavorsingsraad ken ’n Na-Magisterbeurs aan haar toe vir ’n navorsingsprojek op die gebied van die Kliniese en Abnormale Sielkunde, wat sy dan onder leiding van prof. dr. A.J. la Grange aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Met haar proefskrif Abstract reasoning ability as measured by the Raven progressive matrices test 1938, in various clinical syndromes behaal sy dan in 1954 die D.Phil.-graad in Sielkunde aan hierdie universiteit. Sy dien ook op die Sielkundige Komitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Wetenskap en Kuns, wat die vakkundige woordelys oor Sielkunde opstel. Later verwerf sy ’n beurs vir ’n studiereis na Amerika, waar sy ’n pos aangebied word by ’n hospitaal vir sielsiekes, ’n betrekking wat sy in 1962 opneem. Sy is in 1964 in Amerika aan onbekende oorsake oorlede.
Skryfwerk
Digkuns Haar digdebuut met In die verbygaan in 1945 word oor die algemeen nie positief beoordeel nie met die beswaar dat dit hoofsaaklik jeugdige gemoedstemminge bevat, met beperkte beskrywingsvermoë en beelding. Dit is veral haar gebruik van eenselwige beelde getipeer deur ’n voorliefde vir bleek en geel kleure wat haar beperkings as digteres in hierdie stadium van haar ontwikkeling tipeer.
Haar nagelate verse in Towertuin gaan grootliks ongemerk verby.Anoniem. Gedigte 4 jaar ná vrou se dood gepubliseer. Die Beeld, 24 Maart 1968 Soos die digter Daniël HugoHugo Daniel Tydskrif vir Letterkunde Jaargang 41 no.2 Somer 2004: http://www.ajol.info/index.php/tvl/article/view/29659 in ’n insiggewende artikel egter aantoon, is sy nietemin een van die weinige digters in Afrikaans wat die Franse versvorme soos die villanelle, en die verskillende vorme van rondeel (triolet, Orléans-rondeel en rondeau) bemeester en is op hierdie gebied een van die voorlopers in die Afrikaanse poësie.
Versamelbudels Van haar gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se omvangryke bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en ook in ander versamelbundels, insluitende Afrikaanse natuurpoësie.
Kortverhale Sy skryf ook kortverhale, wat sy in Gewondes saambundel. Hierdie verhale het almal ’n sielkundige inslag, met belewenisse van fisiese of geestelike pyn wat na heling hunker.
Publikasies Werke wat uit haar pen verskyn sluit in:Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/np-du%20toit,%20elizabeth%20catharina%20maria/ JaarPublikasies1945In die verbygaan1950Gewondes1968Towertuin
Bronnelys
Boeke Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J. en Lategan, F.V. Afrikaanse natuurpoësie. Afrikaanse Pers-Boekhandel Derde druk 1952 Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
Tydskrifte en koerante Hugo, Daniël. Elizabeth C.M. du Toit: ’n vergete digteres herwaardeer. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 41 no. 1, Somer 2004
Internet Hambidge, Joan Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/10/19/12/7.html
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 1964