Johannes (Phil) du Plessis (22 Maart 1944, Fouriesburg – 28 November 2011, Constantiaberg) was ’n dokter, violis, vryskutjoernalis en Afrikaanse digter.
Lewe en werk
Herkoms en opleiding duimnael|regs|200px|Phil du Plessis in 1968 toe hy ’n sesdejaar- mediese student en redakteur van die tydskrif WURM was. Hy was ook ’n knap violis en ’n student van Victor Pohl wat dikwels saam met simfonieorkeste opgetree het. Johannes (Phil) du Plessis is op 22 Maart 1944 in Fouriesburg in die Vrystaat (naby die grens van Lesotho) gebore as kind van die onderwyser Karel Erasmus du Plessis (oorspronklik van Petrusburg) en Hester Petronella Janse van Rensburg (oorspronklik van Kestell). Sy moeder is ’n kleinniggie van Hans van Rensburg, leier van die Ossewa-Brandwag. Hulle bly op die plaas Modderfontein buite die dorp en hy gaan skool op Viljoenskroon en later op Shannon buite Bloemfontein. Wanneer sy pa skoolinspekteur in houtwerk word, trek sy ouers na Kroonstad. Hy gaan skool aan Grey-kollege in Bloemfontein, waar hy by sy vioolonderwyser en bekende skrywer van memoires en dierestories, Victor Pohl, loseer. Pohl se dogter, die sangeres Martlé, en hy raak baie goeie vriende en haar dood in November 1967 raak hom diep. In 1961 matrikuleer hy in Bloemfontein aan Grey Kollege. Hierna studeer hy vanaf 1962 verder in die medisyne aan die Universiteit van Pretoria en kwalifiseer in 1968 as ’n geneesheer.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Du_Plessis,_Phil Tydens sy universiteitsjare is hy aktief betrokke by musiek en ontvang vioolonderrig van Alan Solomon. Dit is ook in hierdie tyd wat hy deur die veiligheidspolisie gearresteer en vir ’n nag by John Vorster-plein aangehou word vir ondervraging.
Loopbaan as dokter Hy praktiseer vanaf 1969 tot 1972 op Stilfontein en dan op Crown Mines as geneesheer, waarna hy vir twee jaar (vanaf 1972 tot 1974) op Lüderitz in die destydse Suidwes-Afrika (nou Namibië) praktiseer. Hier woon hy in een van die ou Duitse huise van weleer en die omgewing, mense en atmosfeer maak ’n diep indruk op hom, wat later ook neerslag vind in sy poësie. In 1974 vestig hy hom in Kalkbaai naby Kaapstad in ’n Victoriaanse huis wat van omstreeks 1830 dateer en wat hy Liscard noem. Hy restoureer die huis, wat dan as ’n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar word.Van Bart, Martiens: Phil du Plessis raak liries oor Kalkbaai-huis en restoureer. Die Burger. 8 Augustus 1992. Hy het ’n besondere belangstelling in die psigoanalise en is vir ’n ruk by Valkenberg Hospitaal as kliniese assistent werksaam, waarna hy betrokke raak by ’n algemene praktyk as ’n psigiatriese aanstelling. Hy was die geneesheer van die Amerikaanse skrywer en antropoloog Robert Ardrey en sy vrou, die aktrise Berdine Grunewald, wat in St. James in Kaapstad kom aftree het.
Loopbaan as vryskutjoernalis As vryskutjoernalis beywer hy hom vir die bewaring van ons erfenis en van sy artikels oor musiek, opera, kuns, teater en bewaring verskyn in onder andere Beeld, Die Vaderland, Rapport, De Kat, Buurman, Insig, New Nation, Leadership en Die Woongids. Hy is ’n musiekkritikus vir Die Burger, Die Transvaler en The Argus.
Loopbaan as violis As violis tree hy van sy studentejare gereeld in die openbaar op, as solis asook in die orkes van die Toonkunsakademie, die orkes van die Collegium Musicum en in kamergroepe. Hy doen verskeie musiekuitsendings oor Radio Suid-Afrika.
Persoonlike lewe en sterfte Die beeldende kunste is ook een van sy belangstellings en hy het ’n groot versameling. Hy is laat in sy lewe getroud met Catherine Lauga, ’n lektor in Frans aan die Universiteit van Kaapstad en het ’n stiefdogter, Elsa. Op 28 November 2011 is hy in die Constantiaberg Medi-Clinic oorlede nadat hy sedert Mei 2011 gereeld in en uit die hospitaal was.Koopman, Leighton: Bekende woordman Du Plessis oorlede. Beeld. 30 November 2011.
Skryfwerk Reeds gedurende sy skooljare begin hy poësie skryf en publiseer vir die eerste keer in 1965 in Sestiger. Sy ontmoeting met die digter Wilhelm Knobel aan die Universiteit van Pretoria in 1964 motiveer hom om Afrikaans indringend te begin lees. In hierdie tyd maak hy ook kennis met De Waal Venter, Casper Schmidt en D.P.M. Botes, asook die Engelse digters Peter Horn en Walter Saunders. Op universiteit is hy ’n stigterlid van die tydskrif Wurm, waarvan hy in 1967 saam met Marié Blomerus die redaksie waarneem.
Hy publiseer gedigte in die tydskrifte Trek, Sestiger, Donga, Inspan, Stet, Ensovoort, Upstream, De Arte, Worp, Tydskrif vir Letterkunde, Standpunte, Ophir, Contrast, Izwe en New Nation. In 1968 sluit hy ook aan by die redaksie van New Nation. Na kontak met Vlaamse digters publiseer hy in Labris, Yang, Argo en Artisjok, terwyl hy ook vir ’n ruk redakteur is van die tydskrifte Izwe, New Nation en die Vlaamse blad Argo. Sy musikale en literêre kritiek verskyn in Die Transvaler en News / Check en hy lewer ook boekresensies en praatjies oor die Afrikaanse radiodiens. Hy sien die taak van die skrywer as sosiale erosie en in sy kuns hanteer hy gereeld abstraksies en beoefen Dadaïsme, of anti-kuns, ’n beweging wat die voorloper was vir surrealisme en ook op die postmodernisme invloed uitgeoefen het. Hy herskep en gee gestalte aan die woord, wat nie kan stagneer nie maar ook nie werklik nuut kan wees nie. Die verlies van geliefdes aan die dood en die kwesbaarheid van die mens en sy vreugdes is ook ander belangrike temas in sy werk.
Digkuns Sy eerste bundel is Geskrifte om ’n houtgesig, waarin hy eksperimenteer met die mitologie en veral die Bybelverhale.Coetzee, A.J. Standpunte. Nuwe reeks 102, Augustus 1972 Die vier afdelings van die bundel is Totem, Sewe gedigte vir Martlé (waar Martlé die dogter van Victor Pohl is wat onverwags jonk oorlede is), Credo en Eskaton. Die titel van die bundel word verklaar deur die totempaal van die Rooi Indiane, wat ’n primitiewe nieverbale beswerende objek is wat simbolies heenwys na dinge. Hy maak dan ook oorvloedig gebruik van verwysings, wat ongelukkig in baie gevalle nie verklarend nie maar eerder verduisterend inwerk op die verstaan van die gedig. Meeste van die gedigte word opgebou rondom ’n figuur, ’n ritueel, ’n beskouing uit die geskiedenis, die mitologie of die godsdiens, sodat ’n baie wye tematologie bestryk word. Die eenvoudige liefdesgedigte in die tweede afdeling (Sewe gedigte vir Martl) en die gevoelvolle 21 Augustus 1968 (wat die bloedige Russiese inval in Tsjeggo-Slowakye in 1968 uitbeeld) is van die hoogtepunte in die bundel, veral oor die groter verstaanbaarheid en egte emosie daarvan.Brink, André P. Rapport. 13 Julie 1975.
Die diep soet afgeronde stem van my dooiesCloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 16 no. 2, Junie 1976 bevat elegiese verse.Johl, Johann. Standpunte. Nuwe reeks 125. Oktober 1976 Die gedigte ondersoek dood vanaf verskeie gesigspunte: spesifieke sterfgevalle, die tydsame vergaan van die land en die mens, lewe wat nie werklike lewe sou wees sonder die teenstelling met die dood nie, herrysenis en reïnkarnasie.Van Zyl, Wium. Beeld, 25 Augustus 1975 Musiek speel ook ’n groot rol, met verwysings na musiekinstrumente en die vooropstelling van die treursang, die fado, die elegie en die lyklied. Ten spyte van die ietwat eenselwige tema en stemming is die bundel goed afgerond en is dit ’n goeie ontwikkeling vanaf sy debuut. Die bundel word opgedra aan sy vriend Wilhelm Knobel, wat kort tevore oorlede is en bevat ook Afskeid aan Wilhelm, ’n tweeluik gedigte waarin hy hulde aan sy ontslape vriend bring. Hoogtepunte in die bundel is Brief aan ’n swart koning en veral die afdeling Te deum: Lüderitzbucht. Hierin ondersoek hy in agt gedigte hierdie afgeleë en eensame landstreek om sin en betekenis te probeer kry en spreek God dan ook direk aan in hierdie soeke. Die bundeltitel word verkry uit Genesis, die eerste gedig in hierdie siklus.
Wanneer twee uitgewers sy volgende bundel, Lyksang,Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 21 no. 2, Junie 1981 vir verskillende redes afkeur vir publikasie, gee hy die bundel self in afgerolde vorm uit. Hierin eksperimenteer hy met illustrasies uit beide die Tibettaanse boek van die dooies en Frazer se ondersoeke na die betekenis van die boom as deurlopende tema van die mitologie.Pretorius, Wessel. Die Transvaler, 6 April 1981 Binne ’n jaar word die bundel, met heelwat wysigings, egter tog deur die uitgewer Perskor uitgegee. Soos die titel aandui word die klem op beide die dood en die sang of treurmare oor die dood gelê. Die bundel bevat dan ook verskeie verse aan afgestorwenes, waaronder ’n hele aantal gerig aan die afgestorwe digter Wilhelm Knobel. Du Plessis verduidelik dat die bundel ’n samevloeiing van drie temas is, naamlik die landskap, argaïese godsdienste en ook die hoekom en oorwinning van die doodHambidge, Joan. Die Burger, 28 Augustus 1986 Ek sing waar ek staan verteenwoordig groot vooruitgang op sy vorige bundels, veral in die taalgebruik, wat soberder en meer ekonomies is as die ietwat geswolle en aangedikte taal wat sy eerste bundels kenmerk. Die bundel ondersoek veral menslike eensaamheid, die tyd en die dood en dit word ’n eksistensiële ontginning van waar die digter hom in die wêreld bevind. Die titel vanHambidge, Joan. Insig, Junie 1990 Dae voor winterVan Vuuren, Helize. Die Burger, 25 Januarie 1990 sinspeel op die elegiese natuurpoësie van die bundel, veral die kort verse oor Kalkbaai.Van Zyl, Wium. Rapport. 26 Augustus 1990 Daar is ook vrye vertalings van haikoes deur beroemde Japanse digters en van Patrick Cullinan se Engelse gedigte, terwyl die bundel ook in gesprek tree met die Middeleeuse Provençaalse digter Betran de Born. Die gedigte oor die erotiek en liefde is ’n hoogtepunt in hierdie bundel.