Barney is 'n karakter in 'n Amerikaanse TV-reeks vir jong kinders. Die hoofkarakter, Barney, is ’n sagmoedige, dog ietwat swaksinnige pers dinosourus (meer spesifiek, 'n Tyrannosaurus rex).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, In die storie gebruik Barney, wat 'n vriendelike aardsoptimis is, liedjies en danspassies om sy boodskap oor te dra. Dit is 'n opvoedkundige reeks vir kinders van 1 tot 8 jaar.

Dié karakter is in 1987 deur Sheryl Leach bedink, op soek na 'n moontlike nuwe TV-program wat tot haar seun kon speek. Sy maak 'n reeks video's saam met 'n span, getiteld Barney and the Backyard Gang. Die video's was redelik suksesvol, en trek die aandag van PBS, wat haar 'n kontrak aanbied om 'n TV-reeks oor die karakter te maak.

Die eerste episode van Barney is op 6 April 1992 uitgesaai. Die reeks is oor die jare deur verskillende maatskappye vervaardig. Sedert 2009 is daar nie meer nuwe episodes geproduseer nie en die laaste program is op 18 September 2009 gebeeldsend. Dit is daarna herhaaldelik heruitgesaai.

Daar was sprake dat die reeks in 2017 voortgesit sou word.http://deadline.com/2015/10/barney-angelina-ballerina-new-episodes-no-offence-france-1201568137/

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Dierekarakters Kategorie:Televisieprogramme