Richardis of Richgard(is) (* 840; † 18 September 900 in Andlau) was die vrou van Keiser Karel III.

Sy was die dogter van die Elsasiese graaf Erchanger van die familie van die Ahalolfinger en is in 862 met Karel III getroud. Saam met hom is sy in 881 tot Romeinse Keiserin gekroon. Die huwelik het kinderloos gebly. 887 word sy van egbreuk met die Kanselier Liutward van Vercelli beskuldig wat waarskynlik deel van 'n politieke intrige was. In 880 het sy haar toe in die Klooster van Andlau teruggetrek, wat deur haar vader gestig is. Sy het tot haar dood daar gebly (tussen 894 en 909) en is ook daar begrawe. Sy was van 877 tot 893 Abdis van die vroueklooster van Säckingen en tussen 878 en 893 ook die Abdis van die Fraumünsterabdy in Zürich. Beide kloosters het aan die keiser behoort. Haar man het vir haar 'n lewenslange vruggebruik op albei toegeken, sowel as op die kloosters van Sint Marinus in Pavia en die klooster in Zurzach.

Richardis word in die Rooms-Katolieke Kerk as 'n heilige vereer. Haar dag van herdenking is die 18 September.

Literatuur

Ekkart Sauser: Richardis. In: Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (BBKL). Band 17, Bautz, Herzberg 2000, , Sp. 1141–1142. (Artikel/Artikelanfang im Internet-Archive) Judith Steinmann: Richardis im Historischen Lexikon der Schweiz 2010 Wilhelm Wiegand: Richgard. In: Allgemeine Deutsche Biographie (ADB). Band 28, Duncker & Humblot, Leipzig 1889, S. 420 f.

Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Mense in die 9de eeu Kategorie:Geboortes in 840 Kategorie:Sterftes in 895