duimnael|links|250px|'n Straattoneel in Ste.-Anne-de-Beaupré, omstreeks 1925 Sainte-Anne-de-Beaupré is 'n dorp in die Franstalige provinsie Quebec (Kanada) met 2 800 inwoners in 2006. Die dorp lê teen die Sint-Laurensrivier en die grootpad Route 138.

Sainte-Anne-de-Beaupré is vandag 'n bekende toeristebestemming en bedevaartsoord. 'n Skeepsbemanning, wat in die jaar 1658 tydens 'n storm gered is, het hier die eerste Rooms-Katolieke kerkgebou in Kanada as 'n offer van dankbaarheid opgerig. Die kerk het vinnig bekendheid verwerf vir sy wonderdade van Sainte Anne (die heilige Anna) en talle pelgrims na die oord gelok.

Die waterval van die Riviére Sainte-Anne du Nord (74 meter) met die Grand Canyon des Chutes Sainte-Anne lê sowat ses kilometer van die dorp.

Kategorie:Nedersettings in Quebec