Hamilton 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie 20px Ontario Koördinate  Stigting 1812 Inkorporasie 9 Junie 1846 Oppervlakte:    - Totaal 1 138,11 vk km  Hoogte bo seevlak 75-324 m Bevolking:    - Totaal (2006) 504 559  - Bevolkingsdigtheid 451,6/vk km  - Metropolitaanse gebied 692 911 Tydsone UTC-5 (Oostelike tyd) Burgemeester Fred Eisenberger Amptelike webwerf hamilton.ca

Hamilton in die provinsie Ontario is die tiende grootste stad van Kanada en 'n belangrike hawe aan die Ontariomeer met sowat 'n halfmiljoen inwoners.

Vroeg in die 19de eeu was Hamilton een van die kandidate wat meegeding het as een van die kandidaatstede vir die administratiewe setel van Ontario. Alhoewel die stad uiteindelik nie gekies is nie, het talle sakemanne en politici hulle kantore hier ingerig. Die bekendste is die Dundurn Castle met 35 kamers, die tuiste van 'n voormalige eerste minister van die provinsie.

Hamilton het later in 'n sentrum van die yster- en staalnywerheid ontwikkel, alhoewel die dienstesektor vandag 'n al hoe groter rol speel. Bekende instellings in die stad sluit die vliegtuigmuseum Canadian Warplane Heritage, die Kanadese Football Hall of Fame en die Koninklike Botaniese Tuin (Royal Botanical Gardens) in. In 1930 het Hamilton die eerste Britse Rykspele aangebied.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Ontario