Die Alaholfinger (ook Ahalolfinger of Bertholde) was 'n familie uit die Swabiese adel in die tyd van die Karolingers met besittings veral in die bolope van die Neckar en die Donau. Buite hierdie magsfeer verskyn lede van die Alaholfinger-familie as amptsdraers in Beiere, Franke en Italië, en ook as markgrawe van Friuli en hertoë van Verona.

Die mees bekende Alaholfinger is die Swabiese hertog Berthold en sy seuns Erchanger en Berthold. Erchanger is in die jaar 917 tereggestel nadat hy die titel van Hertog van Swabe verkry het, en dan teen koning Konrad I in opstand gekom het. Die verwandskap tussen hierdie jonger geslag Alaholfinger en die ander lede van die familie is egter nie duidelik nie.

Dit is nie duidelik wat van die Alaholfinger familie geword het nie. Deels word vermoed  dat die manlike lyn reeds teen die jaar 973 uitgesterf het, en deels dat die Zähringer-familie uit 'n tak van die Alaholfinger ontwikkel het.

Stamboom

Die ouer Alaholfinger Berthold, Graf, 724 mede-stigter van die Reichenau klooster (saam met die Alemanniese Hertog Hnabi) Halalolfus (Alaholf); † voor 776, Graf, stigter van die klooster Untermarchtal; ∞ Hildiberga Asulfus, 776 getuig; ∞ Hildilenda Dogters Agilolfus, graaf in die Aulaulfisbaar; ∞ Theotberga NN (Chrodhoh) gebore 769/772; ∞ Raginsind/Reginswind, dogter van Germunds von Pappenheim, gebore tussen 769 en 802 Berthold; † 10 Augustus tussen 804 en 813/815, 786-802 graaf in die Westbaar, graaf in die Ostbaar; ∞ Gersuinda, dogter van Ascarius; † na 17 November 790 en voor 17 November 797 Chadaloh I; † 31 Oktober 819, 817-819, Markgraaf van Friuli Berthold; † 29 Julie 826, graaf in die Ostbaar sedert 820 Paldebert, 790 gebore; ∞ NN Waldpert Wago, graaf 805-820, ∞ NN, die dogter van 'n prefek, Werner I. ? Werner II., d. na 866, 830-865 graaf tussen Enns en die Weense woud Ata, 797 Non Wolfinus, 806 , graaf van Verona

Die jonger Alaholfinger Erchanger, Paltsgraf Richardis; † 18 September waarskynlik 900, 887 Abdis van Andlau; ∞ 862Karl die Dikke († 13 Januarie 888), 881 Keiser (Karolinger)

Berchthold I, Paltsgraaf in Swabe om 880, swaer van Karel die Dikke, ∞ NN van Swabe-Elsas, dogter van graaf Erchanger (waarskynlik 'n suster van die Keiserin Richardis) Kunigunde, * 882; † 7 Februarie 915 ?; ∞  Markgraaf Luitpold van Beiere; † 4 Julie 907 (Luitpoldinger); ∞ II 911 Konrad I , die koning van Duitsland; † 23 Desember 918 (Konradiner) Berchtold II, † terreggestel 21 Januarie 917, graaf in die Baar Adalbert; † X 6 Februarie 954, die graaf van Marchtal, Berchthold; † 973/977, Hertog van Marchtal Judith von Marchtal; † 25 Desember ...; ∞ Konrad, graaf te Rheingau en in die Ortenau; † om 982 (Konradiner) Erchanger, † terreggestel 21 Januarie 917, Hertog van Swabe herfs 915–917, paltsgraaf in Swabe, ∞ Bertha; † na 917

Literatuur Wilhelm Störmer: Alaholfinger. In: Lexikon des mittelalters (LexMA). Volume 1, Artemis & Winkler, München/Zürich 1980, , Sp. 263.

Eksterne skakels genealogie-mittelalter.de

Kategorie:Duitse adel Kategorie:Hertoë