Dewald Brink is ’n skuilnaam van Hint Hyman (*16 November 1912, Machadodorp – †20 Julie 1998, Bloemfontein.Korrespondent “Fotoverhaal-pionier en uitgewer sterf” “Beeld” 22 Julie 1998) Hyman was ’n joernalis en skrywer en ook hoof van Republikeinse Pers.
Behalwe vir die skuilnaam Dewald Brink, skryf hy ook onder die skuilnaam Anton Gewers.Mediamense: http://mediamense.co.za/index.php?frontend_action=display_compound_text_content&item_id=3873
Skryfwerk As Dewald Brink publiseer hy verskeie ontspanningslektuur romans. Saam met Braam le Roux skryf hy boeke in die Woeste Laeveld-reeks. Al die verhale in hierdie reeks speel af in die omgewing van Barberton in die destydse Oos-Transvaal tydens die goudstormloop tydperk van 1885–1887. Johan Grimbeek is die held in Vlam van die Laeveld, Poort van trane en Vonnis van die berge, terwyl Len van Staden die held is in Spore in die dou, Beminde verraaier en Geen vergiffenis.
Hy publiseer ook twee romans saam met Len Anthony.
PublikasiesSpringbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/dewald_brink_boeke.html JaarTitel van publikasie*Die geheim van die slepende voetstappe1939En een bou ’n galg1940Die donker huis1941Die dertiende passasier Die hoogste troef1942Die moord by Rus aan-see Wrede erfenis1943Begrensde harte Verskrikking uit die Ooste1944Pand vir genade Die verbleikte bloedvlek1945Vegter by nag1949Die geheimsinnige hospitaal Oë van onheil1950Die klowe sal getuig Toe die aand kom
Vlam van die Laeveld (saam met Braam le Roux)
Die poort van trane (saam met Braam le Roux)
Vonnis van die berge (saam met Braam le Roux)
Spore in die dou (saam met Braam le Roux)
Beminde verraaier (saam met Braam le Roux)
Geen vergiffenis (saam met Braam le Roux)1951Metbande van bloed1955So ver weg die lente1967Hoor hoe sag loop sy1979Alles net vir Monica (saam met Len Anthony) Terwyl branders ruis (saam met Len Anthony)
Sien ook Vir volledige biografiese inligting verwys na: Hint Hyman Len Anthony Braam le Roux
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers