duimnael|regs|200px|Tant Alie Vorster.
duimnael|regs|250px|Tant Alie en haar man se grafsteen op Potchefstroom.
Alida B. Vorster (bekend as tant Alie, gebore Coetzee, 14 Januarie 1859 – 8 Junie 1950) was ’n baanbreker in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
Sy was maar 'n paar weke oud toe die Gereformeerde Kerk op 10 Februarie 1859 onder die seringboom op Rustenburg gestig word. As tienjarige het sy haar ouers na die eerste sinodesitting, op Potchefstroom in 1869, vergesel. In dieselfde jaar het sy ook die openingsplegtigheid van die Teologiese Skool Burgersdorp bygewoon.
As jongmeisie het sy 10 jaar lank in die distrikte Middelburg, Hofmeyr en Steynsburg skoolgehou. Ná haar huwelik met Casper J.H. Vorster (7 Junie 1857 – 14 Julie 1935) het sy op Steynsburg nog 18 jaar katkisasie-onderrig gegee en jong mense vir die belydenis van die geloof opgelei.
Bron Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Die Gereformeerde vrou 1859-1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1859 Kategorie:Sterftes in 1950